1 Februarie 2019
Wat jy elke Donderdagaand vanaf 19:00 kan verwag
Op 7 Februarie om 19:00 begin hierdie reis, propvol avontuur, wanneer ons saam as familie hierdie onbekende landskap saam betree.
Die reeks bestaan uit 11 sessies wat aangebied word deur ds. Chris, Franci Gresse en gesprekleiers wat die afgelope week opleiding ontvang het en kinderlik opgewonde is oor die program. Daar sal ook van gassprekers gebruik gemaak word. Die formaat van elke sessie bestaan uit ‘n heerlike ete gevolg deur ‘n videogreep met drie vrae wat om die tafels bespreek word. Ons gaan stiptelik om 19:00 begin en om 21:00 afsluit. Van die temas wat ons gaan verken sluit in: Wie is Jesus? Waarom het Jesus gesterf? Hoe kan ons geloof hê? Hoe lei God ons? Waarom en hoe moet ek die Bybel lees? Wie is die Heilige Gees? Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe? Word mense nog deur God genees?
Kom kuier saam met ons vanaf 7 Februarie, en nooi sommer jou bure saam…
“Who will you invite” Kliek hier om te kyk
Kontak asb. vir Mariana of Cathy by die kerkkantoor (021 903-3818) Ter wille van die kosvoorbereiding sou ons graag teen Maandag, 4 Februarie getalle wil hê van die persone wat saam met ons vir die volgende 11 weke die program gaan meemaak. Natuurlik sal daar plek wees vir persone wat op die nippertjie besluit om saam met ons te reis. Inskrywingsgeld is R60 vir die hele program.
Sien jou Donderdagaand by ALPHA – daar waar alles BEGIN!