14 Augustus 2020

Amanda Kotzé was ongeveer twintig jaar gelede vir die eerste keer met kanker gediagnoseer. Tans is dit haar passie om haar dankbaarheid in die tuine van die kerkgronde uit te leef. Stadig maar seker is sy besig om op eie koste die tuine te verfraai. Haar droom is om De Eike ’n baken van hoop te maak en sy nooi ons almal uit om saam met haar in die grond te kom krap of selfs ’n dankbaarheidsplantjie te skenk sodat hierdie baken van hoop sigbaar vir almal in ons dorp kan wees.

‘n Baken van HOOP