Betrokke by die wêreld!

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”   Dit is die woorde in Handelinge 1: 8.  Hierdie skrifgedeelte is die hartklop en motivering agter ons gemeente ... Lees verder

Parstyd aan die Here gewy

Op Vrydag 19 Januarie is daar ‘n byeenkoms in ons kerk gehou wat ons almal wat daar was, baie opgewonde gemaak het. Chris het die inisiatief geneem om ons plaasmense almal te nooi na ‘n spesiale geleentheid so op die drumpel van die Parstyd, wanneer ons dit aan die Here kan opdra en sy seën ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 2. Nog ‘n paar opmerkings  Maar wag, voordat ons wegvlieg met die kategismus, moet ons dalk net eers kyk waar dit inpas. Ek wonder of jy verlede week toe ek gepraat het van die “Drie Formuliere van Eenheid” enige idee gehad het waarvan ek praat. Weet jy ooit wat die belydenisskrifte is ... Lees verder

Die vergroting van die liturgiese ruimte

Dis nou al geruime tyd dat mense hardop wonder of daar nie ‘n manier is waarop ons die liturgiese ruimte (dis nou daardie oop spasie voor die kansel) kan vergroot nie. Elke keer wat ons Nagmaal bedien, of die een of ander optrede daar voor het, besef ons maar net weer dat dit eintlik baie ... Lees verder

Kerkkoor Uitnodiging

Die Kerkkoor van NG Kerk De Eike nooi jou hartlik uit om te kom aansluit by ons.  As jy ‘n sangstem het en kan noothou, is jy eintlik verplig om jou talent met ons te kom deel. Ons het stemme in al vier stempartye nodig vir 2018. Oefeninge is op Dinsdagaande om 19:00 – 20:00.  ... Lees verder

Senior Burger Klub 2018

2018 is hier!  Die Senior burger klub(SBK) het ‘n goeie afskop-jaar in 2017 gehad.  Ons het twee baie interessante uitstappies gehad.  Die eerste een was in die derde kwartaal na die Botaniese tuin op Stellenbosch en die tweede na die Rehabilitasiesentrum vir Roofvoëls by Spier.  Belangriker as die vermaaklikheidswaarde van dié uitstappies, is die verhoudings ... Lees verder

Handevat

Ons vier weer fees oor ‘n kind wat gebore is en oor ‘n nuwe jaar. Ons is eerlik oor die uitdagings van ons land, kerk, en wêreld en nogtans is dit ‘n GROOT fees, want ons kán fees vier en opgewonde wees oor nog ‘n jaar. Die realiteit is dat daar baie dinge moet verander, ... Lees verder

Rahul en Lorette – Gebedsbrief Nr 5/2017

For the Least of These… Matthew 25:31-46 Liewe Vriende, Aan die einde van 2017 kyk ons met soveel dankbaarheid terug en loof die Here vir julle ondersteuning en liefde. Ons weet dat die Here elke dag van die afgelope jaar by ons was en dat Hy dikwels sy liefde en sorg deur middel van julle ... Lees verder

Wat glo die NG Kerk regtig?

Die Heidelbergse Kategismus: 1. Inleiding Baie jare gelede kon jy vergeet van “aangeneem”  word in ons kerk as jy nie darem ten minste die name van die drie “Formuliere van Eenheid” (ons kerk se geloofsbelydenis) geken het nie. Jy kon ook baie seker wees dat een van die ouderlinge op daardie dag wat julle getoets ... Lees verder

Parstyd in die Bottelary

ONS VRA DIE HERE SE SEËN OP DIE PARSTYD. Almal in die Bottelary word uitgenooi om saam met De Eike Gemeente die Here se seën te vra op die oestyd wat op hande is. Ons bid saam vir ’n geseënde oes en dat die Here elke persoon op elke plaas sal beskerm en bewaar. Kom ... Lees verder