18 Januarie 2018
Ons vier weer fees oor ‘n kind wat gebore is en oor ‘n nuwe jaar. Ons is eerlik oor die uitdagings van ons land, kerk, en wêreld en nogtans is dit ‘n GROOT fees, want ons kán fees vier en opgewonde wees oor nog ‘n jaar.
Die realiteit is dat daar baie dinge moet verander, en ons is die agente waardeur die Here werk om die verandering gaan bring in 2018. Vader, U is die Begin en Einde en ons vertrou dat U goedheid ons sal lei om lief te wees vir ander en so U wil te laat geskied vir 2018. Laat U Gees in ons ons bewus hou van ons roeping en ons tree vir tree begelei om U groot plan uit te voer. Gee elkeen van U kinders die moed en vreugde in die proses. Baie seën vir elkeen van julle. Lees Volledige Berig hier.