12 Oktober 2017

Saam met Protestantse kerke regoor die wêreld, vier die NG Kerk De Eike op 29 Oktober by die oggenddiens (09:00) die gebeure rondom die Kerkhervorming, vanjaar 500jr gelede, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 Stellinge teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker het.

Op versoek van ons orrelis, het dr Andries Cilliers van Sonstraal-gemeente vir De Eike ‘n reeks moderne sketse, CHRISTUS ALLEEN, vir hierdie besondere geleentheid geskryf.  Dr Cilliers wou geen vergoeding daarvoor ontvang nie, hy het gevra dat dit ook by Sonstraalgemeente opgevoer sal word  Hierdie gebaar van hom word opreg deur De Eike waardeer!

Die sketse handel oor –

Sola Scriptura (Die Skrif alleen)

Sola Gratia (Genade alleen)

Sola Fide (Geloof alleen)

Solus Christus (Christus alleen)

Soli Deo Gloria (aan God alleen alle eer).

Dit beloof om ‘n aangrypende geleentheid te wees met ‘n besondere teks en uitstekende akteurs.  Die toneeltjies word afgewissel met pragtige musiek.

Die rolspelers is Petró van den Heever, Rudolph Maree en ds Hannes Burger.

Die musici is:  René Ferreira (Kerkorrel), Johanna Saayman (Klavier), Carike Steenkamp (Saksofoon), Esther Venter (Trompet), Tronéll Lessing (Euphonium), Marieta Loubser en Jandré Viljoen (Sangers).

Klank– en Powerpoint:  Karel van Schalkwyk, André Shaw en Thea Nel.

Moet hierdie geleentheid nie misloop nie (dit gebeur eers weer oor 500jr!).  Oud en jonk is hartlik welkom.