24 Mei 2018
Liewe gebedsvriende
Die finale uitslae van Irak se eerste verkiesing na die Islamitiese Staat (IS) se skrikbewind is op 19 Mei aangekondig, ‘n week nadat kiesers na die stembus gegaan het. Die verkiesingsuitslag is met skok bejeën toe die omstrede anti-Amerikaanse geestelike Muqtada al-Sadr se Sairoon-alliansie as wenner uit die stryd getree het. Mnr. Sadr kan egter nie as eerste minister aangewys word nie, aangesien hy nie ‘n kandidaat in die verkiesing was nie, maar hy sal na verwagting ‘n belangrike rol speel in die totstandkoming van die nuwe regering. Sy nasionalistiese Sairoon-alliansie – wat gevorm is uit sy eie party en hoofsaaklik ses sekulêre groepe, insluitende die Irakse kommunistiese party – kon nie meer as 54 van die 329 parlementêre setels wen nie. Dit beteken dat hy die komplekse taak in die gesig staar om ‘n regerende koalisie saam te stel. ‘n Koalisie van 165 lede van die 328-sitplek parlement is nodig om ‘n nuwe regering te vorm en ‘n eerste minister, speaker van die parlement, en president van die Irakse Republiek te kies.
Die nuwe koalisie-regering staar die uitdagende taak in die gesig om die moeilike nalatenskap van die oorlog met die Islamitiese Staat aan te spreek – deur sekuriteit te verskaf, meer as 5 miljoen verplaasdes en mense wat terugkeer te ondersteun, korrupsie te bestry, om vernietigde stede en dorpe te herbou, en om sekte-ywer te bestry.
Een van die hoogtepunte van die verkiesing was die manier waarop dit uitgevoer is: ten spyte van dreigemente van geweld, het dit vreedsaam verloop. Die lae kiesersgetalle was egter teleurstellend en dui blykbaar op ‘n ontnugtering met die politieke landskap, en moontlik selfs ‘n apatie onder baie Irakkese wat voel dat hul land nie hul eie is nie.
Bid asseblief saam met ons vir Irak tydens hierdie belangrike volgende paar maande terwyl ‘n koalisie-regering gevorm word.
“Biddende mense beteken veel meer as mense wat gebede opsê; veel meer as mense wat uit gewoonte bid. Dit beteken mense by wie gebed groot krag inhou, ‘n energie wat die hemel beweeg en ongekende skatte van goedheid op die aarde strooi.” (E.M. Bounds)
Saam in Sy diens
Donnelly