1 Maart 2019

Liewe gebedsvriende

Op Saterdag 23 Februarie het die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un uit Pjongjang vertrek op ’n spesiale trein na Hanoi (Viëtnam) vir sy tweede beraad met die Amerikaanse president Donald Trump. Agt maande na hul geskiedkundige ontmoeting in Singapoer – die eerste tussen ’n sittende Amerikaanse president en ‘n Noord-Koreaanse leier – sal hierdie week se samesprekings op die Noorde se kernprogram en die moontlikheid van ekonomiese verligting en ontwikkeling fokus.

Noord-Korea het Trump gemaan om nie na Amerikaanse kritici te luister, wat volgens hulle, pogings om bande te verbeter, probeer ontwrig nie. Die Trump-administrasie het druk op die Noorde geplaas om sy kernwapenprogram op te gee voordat dit enige toegewings kon verwag. Trump het egter die afgelope dae te kenne gegee dat hy versagting oorweeg, en gesê hy sou graag sanksies wou ophef as daar betekenisvolle vordering op dié gebied is. Hy het ook beklemtoon dat hy nie haastig is nie en nie ’n dringende tydlyn, vir Noord-Korea om hul kernwapenprogram op te gee, het nie. Hy het ’n meer geleidelike, wederkerige benadering gehad, wat Pjongjang ook so verkies.

Bid asseblief saam met ons vir Noord-Korea in die algemeen, maar veral vir Kim en Trump wanneer hulle vandeesweek ontmoet – vir sinvolle vordering in hul onderhandelinge.

“Geseënd is die vredemakers; een sekere manier om vrede te maak is om die vuur wat twis veroorsaak onaangeraak te laat. Moenie dit aanhits, nóg stook, nóg vet daarop gooi nie, maar laat dit vanself doodgaan.” (Charles Spurgeon – vry vertaal)

Saam in Sy diens

Donnelly McCleland