11 Januarie 2019

Liewe ouers

Deur die loop van 2018 het dit duidelik geword dat dit nodig is om die voorskoolse kinders apart te bedien van die Kinderkerk.  Vanaf 2019 DV sal die kleuters vanaf ouderdom 4 tot 5, Gr R ingesluit, dus die Paidion (Klein kind) model volg, met hulle eie volledige erediens in die Kleuterkerklokaal.  Hulle word dus deur die loop van 2019, 5 en 6 jaar oud.

Die volgende word aangehaal uit die Paidion handleiding : “Kragtens navorsing asook ervaring in die praktyk is Paidion Kinderbediening oortuig dat die kind die beste binne sy bepaalde ontwikkelingsfase bedien word.  Die inhoud en metodiek van hierdie materiaal sal dus bepaald tot die kleuter (4-5 jaar) gerig wees.

Alhoewel ons ‘n leerplan volg, is ons hoofdoel om ‘n “liefdevolle dissipelmaker van die kleuters te wees.  Ons doen dit deur vir hulle opreg lief te wees en hulle met die aktiwiteite in die kleingroep te fasiliteer” – Handleiding : Paidion “My mooi Bybelstories 1 – Kleuters, 4 – 5 jariges / 2 jaar voor skool).”

Ek sal voorlopig as koördineerder van die Kleuterkerk waarneem.  Ek wil egter vra dat, aangesien ek later vanjaar gaan studeer in die Paidion Kinderbediening, of daar dalk ‘n ouer is wat sal kans sien om die koördinering oor te neem.  Sy/Hy hoef nie self Sondae teenwoordig te wees nie.

Ons gaan min of meer dieselfde orde volg as die Kinderkerk, met die verskil dat ons materiaal gebruik op die kleuters se vlak.

U kan dus steeds ‘n dankoffer saamstuur, sowel as R5’e vir ons projek.  Ons sal ons eie plakkaat gebruik vir ons projek (vanjaar die Bottelary Laerskool) en ook die projeklied aanleer.  Ons samel ook steeds plastiekdoppies en broodknippies “breadtags” in.  Bring asseblief die broodknippies apart van die plastiekdoppies.

Die klasleiers vir 2019 is soos volg :

KLEUTERKERKSPAN 2019 :

Koördineerder : Riëtta Odendal : 0829040950 : r.odendal@mweb.co.za

Hanlie Botes   0731272943                            hanlie.botes@sanlam.co.za

{Tené de Wet              074 6300870               tenedewet1@gmail.com

{Lisa Loots                  076 360 8213              lisaloots10@gmail.com

Renita Nieuwoudt       072 119 6489              renita.groen@gmail.com

Aflos : 

Nalize de Jongh          0826085627                nalidupreez@gmail.com

Hulle sal op ‘n rotasiebasis plus minus een keer per maand die erediens waarneem.  ‘n Klasleier sal elke oggend ‘n halfuur voor die erediens begin, by die Kleuterlokaal aan diens wees.

BELANGRIKE INLIGTING : U kan op 13 Januarie 2019 u kleuter by die Kleuterlokaal registreer.  Ons sal op daardie dag ‘n Welkom-les hê, wat deur my waargeneem word.  Al die klasleiers sal teenwoordig wees. Indien u nie op 13 Januarie kan registreer nie, sal ‘n opvolgende Sondag ook reg wees.  Maak asseblief seker dat ons wel u kontak besonderhede het, asook u kind se naam en van en geboortedatum.

BRING ASSEBLIEF DIE VOLGENDE SAAM :

  1. ‘n “Flipfile” vir u kind se takies en briewe
  2. R30 vir afrolkostes vir die jaar.
  3. ‘n Onlangse foto van u kind.  Skryf asseblief sy/haar naam en van, en geboortedatum agter-op.  Ons wil ‘n plakkaat maak met die kinders se foto’s in verjaarsdagvolgorde.

Die orde van ‘n Kleuter erediens sal soos volg verloop, soos op 13 Januarie 2019 :

SONDAG,  13 JANUARIE 2019 : RIETTA : WELKOM

  1. SPEELTYD OP DIE MAT ‘N HALFUUR VOOR DIE EREDIENS BEGIN
  2. 5 MIN VOOR DIE EREDIENS BEGIN : SPEEL DIE OPPAK LIEDJIE VAN LOLLOS.  ALMAL WEET DAN DIS OPPAKTYD.
  3. JESUS IS HIER : KERS AANSKAKEL (KIDS ALFABETIES)
  4. VERJAARSDAE EN SING VEELS GELUK LIEWE MAATJIE  PLUS ‘N GESKENKIE. ( SODRA ONS DIE KINDERS SE INFO HET)
  5. DANKOFFER EN GEBED
  6. PROJEK : R5’e,  DOPPIES, PLAKKAAT, STERRE plus LIED  
  7. BOODSKAP : R ODENDAL : WELKOM BY DIE KLEUTERKERK
  8. SING : BEKENDE KORT LIEDJIES OP EEN CD VIR KWARTAAL 1 OF DEUR DIE LOOP VAN DIE OGGEND VIR AFWISSELING 
  9. AKTIWITEITE (KINDERS SIT BY TAFELS).  BAKKE MET SKRYFBEHOEFTES WORD VOORSIEN.  (Takie word in flipfile gebêre)
  10. KLASLEIER VUL PRESENSIELYS IN TERWYL KINDERS AKTIWITEITE DOEN
  11. AFSLUITINGSGEBED

OF DEUR DIE LOOP VAN DIE OGGEND VIR AFWISSELINGDEEL BRIEWE UIT INDIEN NODIG, IN DIE KIDS SE FLIPFILES