27 Julie 2018
Zimbabwe het minder as ‘n week oor tot hul waterskeidingsverkiesing, wat op 30 Julie sal plaasvind. Dit sal die eerste verkiesing sedert onafhanklikheid wees (1980) wat nie voormalige president Robert Mugabe insluit nie. Die 94-jarige “sterkman” het na 37 jaar uitgetree nadat die weermag hom gedwing het om te bedank. Dit sluit diegene in sy eie party in wat onstig was dat sy vrou, Grace Mugabe, bevoordeel was om hom op te volg as leier. Daar is ‘n merkbare verandering wat betref die verkiersingsveldtogte, aangesien alle partye toegelaat was om vrylik sametrekke en optogte te hou sonder intimidasie, iets wat nie voorheen moontlik was nie. Internasionale verskiesingswaarnemers van Europa en die VSA is terug verwelkom vir die eerste keer sedert 2002.
Tydens die verkiesings sal daar 23 name op die presidensiële stembrief verskyn. Die twee voorlopers is waarnemende president Emmerson Mnangagwa (75) van die Zanu-PF party en sy grootste teenstander van MDC Alliance, Nelson Chamisa (40). Mnr. Mnangagwa het ‘n beroep gedoen tot rasse-eenheid in die aanloop tot die verkiesing, en het probeer om die blanke kiesers te verseker dat die omstrede beleid van grondbeslaglegging (wat gelei het tot ‘n ineenstorting in Zimbabwe se landbouproduksie) asook ‘n uittog van talle gesoute boere, en wydverspreide werkloosheid ‘n ding van die verlede was. Mnr. Chamisa is uiters gewild, veral onder die jonger geslag en die werkloses, en sal die land se jongste president wees sou hy die verkiesing wen.
Talle meningspeilings gee albei kandidate ‘n voorsprong bo die ander, met so min as 3% wat die twee kandidate skei. Die noue uitslae dui op ‘n moontlike inklusiewe regering, maar ‘n onlangse opname deur “Afrobarometer” toon aan dat die landsburgers vrees dat die weermag ‘n oorwinnig deur die opposisie sal voorkom.
Bid saam met ons vir Zimbabwe tydens die aanloop tot hierdie belangrike verskiesing.
“O, mag die plek van geheime gebed die mees geliefde plek op aarde wees” (Andréw Murray)
Saam in Sy diens
Donnelly McCleland