8 Junie 2018
2018 – KWARTAAL 3
Liewe Ouers
Baie dankie vir u ondersteuning, veral ook met ons projek, “Ons Volg Jesus”, en meer spesifiek Kwartaal 2 : Kids Imagine. Ten spyte van die feit dat ons so min ontmoetings gehad het, het u steeds die mooi bedrag van R900 bygedra. Baie dankie daarvoor. Ons vra asseblief u volgehoue ondersteuning. Projektyd tydens ons erediens is vir al die kinders ‘n hoogtepunt. Dit is ook heerlik vir hulle om ‘n sterretjie te plak op ons projekplakkaat vir elke R5 wat hulle bring, en ook so te ervaar hoe ons projek vorder. Ons 3de kwartaal projek is Badisa se Gemeenskapsmoeders. Ons gaan ook steeds voort met die insameling van plastiekdoppies. Onthou asb om die “breadtags” apart te verpak.
Stap vir Zané : Baie dankie ook vir almal wat deelgeneem het aan die “Stap vir Zané”. So kon ons Jesus se liefde op grondvlak saai, en ook vir Jesus te volg.
Bybels : Ons leer die Bybelboeke dmv die Bybelboeklied, ook hoe om op te soek. Stuur asseblief u kind se Bybel saam. Dit is so lekker vir hulle om in hulle eie Bybels te volg.
Nagmaal : Ons bedien Nagmaal op ‘n ander Sondag as die “grootkerk”, wanneer daar ‘n dominee by ons aan diens is.
Gesinsdiens : Kinders sit voortaan by hulle ouers tydens die Gesinsdiens.
Afskrifte : Ek herinner u weer, as u nog nie die R30 betaal het vir afrolkostes nie, om dit hierdie kwartaal saam te stuur asseblief. Dit is slegs R30 vir die jaar.
Orde binne die Kinderkerk : Ons begin hierdie kwartaal stiptelik 09:30. Die erediens is 40 minute, en die klastyd 20 minute waar ons aktiwiteite doen, waarmee die boodskap vasgelê word. Let asseblief daarop dat ons klassies nie vroeër sal verdaag wanneer die kerk vroeër verdaag nie. Die personeel doen baie moeite, en wil graag hul lessies/aktiwiteite sinvol afhandel. Indien die hoof erediens langer aanhou (soos tydens Nagmaal), moet ons die kinders in die klassies hou, om nie te steur nie. Hulle sal dan verdaag wanneer die hoof erediens verdaag. U kind sal elke Sondag na klas vir u in die saal wag, behalwe die GRAAD 5 MEISIES wat in die koster se kantoor vergader en VOORSKOOLSE MAATJIES wat in die konsistorie sal wag.
Afwesigheid : Ons wil mooi vra dat u betyds sal laat weet as u kind nie Kinderkerk gaan bywoon nie (behalwe natuurlik in ‘n noodgeval). Die personeel doen geweldig baie moeite, en gaan selfs persoonlik kostes aan om u kind se lessie sinvol en genotvol te maak. Dit sal dus gaaf wees as hy/sy betyds kan weet om nie u kind in te reken by daardie spesifieke Sondag nie. Somtyds kan ‘n spesifieke personeellid nie daar wees nie, dan reël ons vir ‘n aflos vir ‘n klas van slegs 2 kinders, wat gemaklik by ‘n ander klas sou kon inskakel. Maak asseblief seker dat u die betrokke personeellid se kontakbesonderhede het. Die afgelope Sondag was daar slegs 36 kinders teenwoordig uit ‘n databasis van 93. En ons het vir 93 voorberei.
Graad 2 Juffrou : Ons benodig dringend ‘n juffrou (of meneer) vir die graad 2 klas. Kontak my asseblief as u wil deel raak van hierdie wonderlike bediening.
Groete. Riëtta Odendal (0829040950 of 0219034963) of r.odendal@mweb.co.za
Kinderkerk Koördineerder
PROGRAM : KWARTAAL 3
17/7 SKOOL HEROPEN
22/7 DIE STORIE VAN PAULUS EN SY REISE 1
ONTMOETING 16 : HAND 9; 13; 14
29/7 DIE STORIE VAN PAULUS EN SY REISE (2) 2
ONTMOETING 17 : HAND 16 – 28
NAGMAAL : GROOTKERK
5/8 PAULUS SE BRIEF AAN DIE ROMEINE 3
ONTMOETING 18 : ROM 3, 14, 15
12/8 AFNAWEEK
19/8 PAULUS SE BRIEF AAN DIE FILIPPENSE 4
ONTMOETING 19 : FIL 1 EN 4
26/8 GESINSDIENS (KIDS SIT BY OUERS)
2/9 DIE BRIEF VAN JAKOBUS 5
ONTMOETING 20 : JAKOBUS
9/9 TIMOTEUS – JONK VIR JESUS 6
ONTMOETING 21 : 1 EN 2 TIM
16/9 BRIEWE VAN JOHANNES 7
ONTMOETING 22 : 1 TOT 3 JOHANNES
23/9 AFNAWEEK
28/9 SKOOL SLUIT
9/10 SKOOL HEROPEN
14/10 KINDERKERK HEROPEN