Rom 10:5-15
Datum: 13 Augustus 2023 (Oggenddiens)
Prediker: Hannes Burger
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
Paulus het pas geskrywe oor mense wat God op hulle eie manier probeer behaag.
- Dis net so tipies menslik! Om niks te wil weet van God se manier van vryspraak nie, maar dit eerder op jou eie manier te wil verkry.
- Die Jode het daardie fout gemaak: hulle het Jesus verwerp.
- Vandag nog, maak selfs kerkmense daardie selfde fout...
- Vandaar die vreemde vrae van vers 6-7.
- Die eintlike vraag is: wie sal my naby aan God bring?
- Waar kan ek God gaan soek? Waar vind ek ‘n genadige God?
- ‘n Futiele vraag, sê Paulus. Want God het jou klaar gevind!
- In plaas van ‘n bo-menslike soektog na God. Kom tree Hy jouself tegemoet...
- En wat is die kern van hierdie geopenbaarde waarheid?
- Die wonder van vers 9!
- In soveel eenvoud, word God se plan vir ons uitgespel.
- Teenoor die moeisame, lewenslange soeke, die eenvoud van die geloof...
- Met uiteindelik, die wonderlike versekering van vers 13: jou redding is verseker...
- Die Verbond
- Nou het God dit goedgedink om jou nie oorsee te stuur as sendeling nie...
- Jou primêre sendingtaak is in jou eie huis.
- Maar daarvoor moet jy verseker dat jy self die pad van vers 9 geloop het.
- Moenie dat jou kinders hulle lewe lank op ‘n futiele soektog wees nie.
- Jy het ‘n verantwoordelikheid!