Johannes 8:1-11

Datum: 24 September 2017

Prediker: Jandré Viljoen

As ‘n familie, het ons vir so rukkie op ‘n kleinhoewe tussen Nylstroom en Warmbad gebly. Dit is op hierdie kleinhoewe waar ek vir die eerste keer lief geraak het vir grond. Ek onthou die oop vlaktes van die kleinhoewe en hoe ons Blou Ford 4000 trekker met sy drie skaar ploeg die ontginde grond deur boor het. Ek onthou die rooi-brein grond wat so geblink het in die somer son, nadat die Blou Ford 4000 en die drie skaar ploeg dit omgegooi het. Ek onthou ook die reuk van die rooi-bruin grond, en hoe die reuk van die nat omgeploegde grond in die holtes van die plaas gehang het. Maar bo dit alles, onthou ek, hoe hierdie grond lewe gegee het. Nie net die saad wat daarin ontkiem het nie, maar ook lewe aan ons as familie. Hierdie lewe gewende grond laat my nou veral dink, hoe God lewe gegee het aan die mens, vanuit grond. Ons het vanoggend daarvan gelees in Genesis 2:7, waar God die mens uit grond geskep het. In werklikheid, het God lewe kom skenk vanuit grond / stof. Johannes 8:1-11 vertel ons dan presies hoe Jesus weer lewe kom gee het vanuit grond. Hoe het Jesus dit gedoen?

Terwyl Jesus een dag sy roetine gevolg het – dit is nou om die Olyfberg op te stap na die tempel en die mense te bedien met sy wysheid - daag ‘n klomp skrifgeleerdes by hom op met ‘n vrou wat in die daad van owerspel betrap is. In werklikheid het hulle nie eintlik enigsins oor die vrou omgegee nie, maar het ‘n definitiewe plan gehad met Jesus. Hoe weet ons dit? Waar is die man wat ook betrokke was by die owerspel.

Die skrifgeleerde was, ‘n klomp jong arrogante manne met ‘n baie sterk agenda. Hierdie klomp slim manne het presies geweet wat die wette van daardie tyd was. Eerstens was daar die Joodse wette: As jy in owerspel betrap was, het die Joodse wette vereis dat hulle (man en vrou) na die tempel geneem word, waar hulle sondes op die tempel vloer, in die openbaar waar almal dit kan sien, geskryf was. Hierdie gebaar was om hulle te verneder sodat almal hulle sondes kon sien. Daarna is beide man en vrou dood gestenig. Om hierdie meer in konteks te plaas, het die skrifgeleerdes volgens wet eintlik vereis, dat Jesus die vrou moes stenig. Jesus moes haar dood gooi met die klippe.

Aan die anderkant was die Romeinse wette wat bepaal het dat jy nie sommer enige iemand kan dood maak nie. Hierdeur het Jesus geensins ‘n kans gehad om uit hierdie situasie te kom nie. Maar Jesus het dit geweet en hulle met stilte laat dink oor hulle eie sondes, deur in die grond te skryf.

Augustinus beweer hierdeur dat die skryf in die stowwige grond het meer vrug gedra as die skrifgeleerdes se klip harte. Die skrifgeleerdes se eie agenda het dan eintlik teen hulle gedraai en Jesus het hulle sondes blootgestel, want dit was al om bekend vir die mense van daardie tyd dat die elite, soos die skrifgeleerdes, van die ontrouste mense was. Daarom dat Jesus hulle geantwoord met, “As jy ‘n skoon gewete het, stenig die vrou.”

Augustinus, beweer hierdeur ook dat Jesus se vinger wat in die grond geskryf het, God se vinger verteenwoordig wat dieselfde wette vir Moses op die klip tablette geskryf het. So in retro spek het Jesus hulle met God se wette gekonfronteer. Jesus het dan eintlik hulle klip harte met grond, dit wat lewe moet gee, gekonfronteer. Dit is dan in hierdie gebaar wat Jesus ‘n absolute transformerend ding laat plaasvind. Hy kies die sondaar se kant. Hy omvou die sondaar met sy absolute teenwoordigheid, nederigheid, en laat die volgende gebeur. Hy haat die sonde, maar nie die sondaar nie. Hy kom vervul die oorspronklike wet van Moses. Jesus kom en vervul ‘n transformerend aksie en...

... Jesus skep skoonheid vanuit stof deur hierdie vrou se waardigheid vir haar terug te gee. Jesus kom kies die sondaar se kant. Jesus kom herstel die waardigheid van die sondaar. Presies dit wat Johannes 3: 16 ook vir ons sê.

In die hart van die teks is dit wat die teks van ons vra. Dit vra van ons om soos Jesus, gebrokenheid te omhels. Dit vra van ons om transformerend te dink oor ons verhoudings met ander mense. Dit vra van ons om vanuit ons eie gebrokenheid mense lief te hê. Wat Johannes 8: 1- 11 van ons vra is om soos Jesus die volgende te doen: “As a teacher he brought truth, as a deliverer he brought gentleness, as a advocate he brought righteousness.”

In wese is dit dan presies wat ons ook moet doen. Deur om mense lief te hê, vanuit ons eie gebrokenheid, skep ons “skoonheid vanuit stof.”

Maar vir dit om plaas te vind gaan ons, ons eie klip harte moet deursoek. Ons gaan ons eie sonde eerstens, in die grond wat lewe gee, moet skryf.

Die titel van hierdie foto, se naam is “Remember You are dust.” Dit som die gedeelte vir my so mooi op. Ons moet onthou ons is stof. Ons is almal sondaars. As ons dan almal sondaars is, hoe op dees aarde wil ons dan ander sondaars stenig. Hierdie gedeelte sê dan vir ons, “let the sinner be punished but not by sinners.”

As ons skoonheid vanuit grond wil skep, gaan ons, ons klip harte moet deursoek. As ons lewegewend wil wees, gaan ons, ons klip harte moet deursoek.

Ons gaan die wet van die lewe moet deur dink en toelaat dat die wêreld deur Jesus gered word. Ons gaan moet besef dat Jesus die lig in die wêreld is, en dat Hy die lig vir almal wil wees. Ons gaan hierdeur ons eie selfsugtige wette moet deur dink. Byvoorbeeld: Dit is vir my ongelooflik om te dink dat ons haat dit as mense vir ons jok, maar ons jok dan self. Ons haat dit as mense ons seermaak, maar ons maak self mense seer. Ons haat dit as mense ons met geen waardigheid hanteer nie, maar ons hanteer self mense met geen waardigheid nie. Ons gaan ons eie wette moet deur dink en verander.

As ons dit gaan regkry, gaan ons soos goeie grond lewe kan gee. Binne dit, lê daar dan vir ons die grootste uitdaging as gelowiges – om soos Jesus waarheid, nederigheid, en geregtigheid te gebruik om skoonheid vanuit grond te laat verander. In sy diepste vorm sê die teks vir ons:

... God se skoonheid lê nie in die grootte van die huis nie, maar in die mense binne in die huis;

... God se skoonheid lê nie in die tipe kar wat hulle ry nie, maar die mense in die kar;

... God se skoonheid lê nie in die tipe werk wat jy het nie, maar in die mens wat die werk doen;

... God se skoonheid lê nie in ‘n kerk gebou nie, maar dit lê in die mense in die geb.

... God se skoonheid lê dieper as my eie stof, my eie sonde.

God se skoonheid veroordeel nie. Dit haat nie. Dit erken die mens soos hy is. God se skoonheid hanteer mense met absolute waardigheid. Ek wonder as een van daai skrifgeleerdes in daardie vrou se skoene was, wat sou hulle gehoop het voor. Hierdie teks vra vanoggend van ons, om ons ploegskare in die ontginde grond in te steek, dit om te ploeg, en lewe te gee.

Amen