Openbaring 21:1-8

Datum: 10 September 2023 (Oggenddiens)

Prediker: Hannes Burger

“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”

Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar

Van kleins af hoor ons: “Daar is niks nuuts onder die son nie...”

- Eers baie later het ek agtergekom dit staan in die Bybel (Pred. 1:22)!

- Die 21e eeu het ons selfs nog meer sinies gemaak.

- Ons verwag inderdaad niks nuuts meer nie – nie eens van die Here nie!

 

  1. En dan verras Jesaja die ballinge

- In Jes 43:19 belowe die Here dat Hy “iets nuuts” gaan doen.

- Jeremia herhaal hierdie profesie (Jer. 31:22).

- God se mense leer ken Hom as die Een wat iets nuuts tot stand bring.

- Dit sou ‘n nuwe begin moontlik maak na die verwoesting van Jerusalem.

 

  1. Maar dit moes ook die volk voorberei op ‘n nuwe begin

- Die engelelied by Betlehem lei ‘n totaal nuwe fase in.

- God begin van voor af met sy volk

- Hy gee self die Offerlam wat ‘n nuwe verhouding moontlik maak.

- Pinksterdag is die nuwe volk van God se geboorte!

- Die ondenkbare het waar geword...

 

  1. Maar dit stop nie daar nie!

- In Openb 21 kom stel Jesus Homself voor as die Een wat alles nuut maak.

- Dan wys Hy vir Johannes die nuwe hemel en die nuwe aarde wat vir ons wag.

- Maar watter implikasies het dit vir ons dat ons Een volg wat alles nuut maak?

- God se kind se lewe staan in die teken van vernuwing...