Matteus 25: 14-30
Datum: 19 November 2023 (Oggenddiens)
Prediker: Chris Barnardo
“Vir ‘n LEWENDIGE UITSENDING van die preek kliek hier om dit te kyk”
Preek sal gepubliseer word sodra beskikbaar
- Inleiding. Hierdie gelykenis het niks met geld te maak nie, maar het ’n ander boodskap: Om ’n dissipel van Jesus Christus te wees, is ’n groot risiko, dit is lewensgevaarlik (Matteus 10:39; 16:25-26) en die manier wat ons bereid is om risiko’s te neem vir Christus, verklap of ons regtig dissipels van Jesus is, of nie.
- Roer ons of sloer ons? Die lewe is wat met ons gebeur tussen die krip en die graf. Vir Christene is dit nie bloot die biologiese oorlewing wat een jaar in die volgende laat vloei nie. Na aanleiding van die gelykenis van die goue muntstukke kan ons sê dat Christene hierdie lewe ten diepste as gawe van God sien. Die slawe ontvang die muntstukke. Nie een weier dit nie. Dit was nooit hulle s’n nie. Dit sal ook nooit hulle s’n wees nie. Van die begin af verstaan ons ons lewe as God s’n. Maar dit kom met ’n opdrag, ’n roeping: Gaan maak wins daarmee. Woeker. Lééf nou! Dit is die koninkrykslewe. Die koninkrykslewe is die lewe van die nuwe mens. Die eerste twee slawe leef die koninkrykslewe. Hulle gaan elkeen en verdubbel dit wat hulle ontvang het. Hierdie twee slawe het nie gesloer nie, hulle het geroer! Hoekom?
- Slot. Kom ons volg die voorbeeld van die eerste twee slawe. Hulle deel in die vreugde van hulle eienaar. Hy beloon hulle deur hulle oor nóg meer aan te stel. Vir hulle ken die ekonomie van God se genade geen perke nie. Vir hulle is dit asof die koninkrykslewe ’n vreemde en bevrydende teenstrydigheid is: Eers het hulle niks gehad nie. Alles was gawes – alles is vir hulle gegee. Nou word hulle met nóg meer vertrou. Maar eintlik het hulle nog steeds niks nie. Alles is nog steeds die Gewer s’n. Dit is die koninkrykslewe. Mag ons eendag as Hy weer kom, die wonderlike woorde hoor: “Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!”