1 Petrus 3:17

Datum: 28 Januarie 2018 (Aanddiens)

Prediker: Chris Barnardo

GOD SE WIL VIR JOU LEWE

WAT HET ONS VANOGGEND GEHOOR?

JESUS IS DIE EKSKLUSIEWE GESIG EN NAAM VAN GOD SE WIL

En net soos dit wat met enige gesonde familie gebeur, het God ook reëls vir sy familie.

Daar is vyf basiese familiereëls in die NT wat direk en reglynig verband hou met ons hemelse Pa se wil. Bedoelende, daar is 5 lewensbelangrike padwysers wat ons elkeen binne God se wil hou.

Vir die volgende kere wanneer ek gaan preek wil ek dit aan die orde bring.

Padwyser 1: Doen Goed (1Petrus 2:15)

Padwyser 2: Vat teenstand (1 Petrus 3:17)

Padwyser 3: Wees heilig (1 Tessalonisense 4:3)

Padwyser 4: Wees dankbaar (1Tessalonisense 5:18)

Padwyser 5: Wees vrygewig (2Korintiërs 8:5)

Al 5 hierdie familiereëls oor God se wil het te te make met sy een en enigste wil om vir Jesus te leef en God te verheerlik.

FAMILIEREëL 1 : DOEN GOED

SKRIFLESING

1Petrus 2: 15Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ’n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

JESUS CHRISTUS en dat ons uit dankbaarheid GOED WIL DOEN AAN ANDER IS GOD SE WIL

VANAAND GESELS ONS OOR, VAT TEENSTAND. VAT DIE PYNE.

1Petrus 2:17

17As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.

INLEIDING

As jy binne God se wil leef moet jy jou rug kan styfmaak teen die aanslae van die lewe.

Hierdie teks vra van ons dat ons bereid moet wees om:

verneder te word;

Benadeel te word;

Bespot te word;

En onsself tweede te stel ter wille van God se saak.

Sulke roetes is moeiliker as moeilik omrede dit nie reg klink op die oor nie.

Dit gaan teen die grein van ons menslike natuur.

Ons sal dit doen solank ons nie self benadeel word nie, of ons veiligheid nie bedreig word nie..

Wanneer die Here vra ons moet onreg verduur, is dinge nie meer lekker nie.

Kom ons onthou die volgende 5 punte:

Life is hard.

You are not important.

Your life is not about yourself.

You are not in control.

You are going to die.

Om te ly ter wille van jou beginsels en jou geloof in Christus, is eerbaar in God se oë.

Dit is deel van God se wedstrydplan vir ons as gelowiges.

Dit is sy wil.

Ons moenie hieroor skaam kry nie.

Standvastigheid is die kroon op ‘n lewe van volharding in die diens van die Here.

Dit is die uitdrukking van ‘n lewe wat gekruisig is aan die self. Wanneer ons agter Jesus aan leef, moet ons teenstand te wagte wees.

Jesus is nie vir almal ewe goeie nuus nie.

Moet dus nie verbaas wees as onreg en lyding dalk ook jou voorland is as jy jou Jesus-kruis voltyds dra nie.

Dit is ‘n bewys dat God se wil in jou lewe geskied.

AMEN