Ons is baie dankbaar vir die wonderlike onbaatsugtige diens wat die personeel by Kuilsrivier Netcare aan ons gemeenskap bied. Om ons ondersteuening en dankbaarheid te wys, dra ons by tot ‘n wonderlike inisiatief wat deur twee plaaslike dames gekoördineer word. Tot dusver kon die Jeugkommissie, in samewerking met die Gideons, 600 nuwe testamente in Afrikaans, Engels en isiXhosa bydra wat saam met 600 omgee-pakkies by Kuilsrivier Netcare uitgedeel is.