Met die verkoop van ongelooflike lekker koffie ondersteun ons Innovation for the Blind (voorheen bekend as die Instituut vir Blindes) en kry ook self fondse om vir ons ander projekte (Huis Susan Lapoorta en Kuilsrivier Netcare Omgeepakkies) aan te wend.

Bestellings kan by ons kerkkantoor geplaas word teen R65 per 250g sakkie koffie.

Opsies om van te kies

  • Blindiana – Medium / Donker geroosterde filterkoffie. Vol afgeronde smaak.
  • Blindiana Beans – Donker geroosterde bone. Volrond met ‘n bitter-soet gebalanseerde smaak.
  • Blue Mountain – Medium / Ligte vermenging. Sag, met speserygeur en ryk sitrussmaak.
  • Mocha Java – Medium geroosterde filterkoffie. ‘n Soet, volronde ontbytkoffie.

Hoe om te bestel

  1. Kies jou gunstelinge uit die vier (4) heerlike beskikbare opsies.
  2. Gee jou bestelling deur na De Eike se Kerkkantoor (T: 021 903 3818 / E-pos: ngkeike@cybersmart.co.za).
  3. Betaal per EFT en stuur jou bewys van betaling aan ngkeike@cybersmart.co.za om jou bestelling te bevestig.
  4. Ontvang koffie by kerkkantoor en geniet ‘n heerlike koppie daarvan terug by die huis.

Vir meer inligting, kontak ons by:
Kerkkantoor: 021 903 3818 of ngkeike@cybersmart.co.za
Franci Gresse: 082 891 2384 of franci.gresse@gmail.com

EFT:
ABSA Bank
Rekeningnommer: 3010 590 069
Takkode: 632005
Verwysing: Naam-Koffie (bv. Tim-Koffie)