13 September 2019

FOR THE LEAST OF THESE…

Matthew 25:31-46

Liewe Vriende,

Hierdie is net ‘n kort briefie om julle te laat weet dat Lorette se pappa die 14de Augustus oorlede is. Alhoewel ons harte bitter seer is, loof ons die Here dat hy Oupa in sy slaap kom haal het.

Sy laaste maande op aarde was swaar…  Lorette en Nadia vertrek die 9de (September) na Suid-Afrika vir 10 dae. Ons is baie dankbaar dat Lorette haar ma kan gaan ondersteun en saam met haar en haar broers op die 14de afskeid kan neem.

Dankie vir julle gebede vir Priyanka! Dit gaan baie goed met haar. Om haar in Ooty agter te laat was defnitief een van die moeilikste dinge wat ons nog ooit moes doen! Haar plek is baie leeg hier in die huis, maar ons is dankbaar dat sy goed aanpas en gelukkig is. Natuurlik is daar groeipyne, maar ons weet die Here is ook baie naby aan haar!

Baie dankie vir julle liefde en gebede vir ons, dit word so baie waardeer!

Rahul, Lorette, Priyanka en Nadia