26 Oktober 2017
Almal ouer as 60 jaar, skakel asseblief so gou moontlik die kerkkantoor om ‘n sitplek op die bus na ons volgende uitstappie te bespreek. Ons besoek die Roofvoël-rehabilitasiesentrum op die Spier Wynlandgoed vir ‘n interaktiewe sessie met verskeie spesies roofvoëls – interessant en opwindend!
Daar sal ook geleentheid wees om iets by die Hoghouse BBQ/Bakery of die Plaaskombuis te geniet, of sommer net in die tuin te kuier. Neem ekstra geld hiervoor saam.
Google gerus www.eagle-encounters.co.za of skakel Alae by 0822166554 vir meer inligting.
WANNEER: Woensdag 8 November 2017
BUSVERVOER(gratis): Ons vertrek 10:00 vanaf De Eike (ongeveer 14:00 weer tuis)
KOSTE per persoon: R65 betaalbaar by kerkkantoor (Ons kry afslag indien ons vooraf betaal!)