21 Februarie 2019

“Aan die bokant is vroue van Slowenië in hul tradisionele klere.  Die halfsirkel-ornament met die Sloweense borduurwerk, verteenwoordig ‘n bord of ‘n tafel met ons bekendste nasionale koek – portica.  Druiwe is van wingerde van verskillende wyn-produserende streke.  As ‘n uitdrukking van liefde, is die tafel versier met ‘n koekie (licitar) wat van heuning gemaak is, en ‘n Sloweense angelier.  Onder die tafel kan ons kinders sien wat alle vlakke van die samelewing uitbeeld.  Hulle het gehoor van die uitnodiging na die fees.  ‘n Hawelose vrou dra ‘n kind in haar arms, ‘n blinde vrou strek haar arms voor haar uit om te loop, ‘n dowe persoon draai sy kop om beter te hoor en ‘n spastiese dogtertjie se onwillekeurige bewegings wys haar vreugdevolle aanvaarding van die uitnodiging na die feesmaal.

Kleure van Slowenië se tradisionele borduurwerk is gebruik – rooi en wit.  Die groen Slowenië met sy velde en woude, word beklemtoon deur die groen agtergrond.  Die helder kleure van die kinders gee uitdrukking aan die vreugde van ‘n opregte uitnodiging.”