26 Januarie 2024
Liewe Vrouebediening en/of Vrouelidmate –
Die Sinodale Taakspan Vrouebediening (STV) sien BAIE uit daarna om 2024 saam met julle aan te pak. Ons spring weg met #BeginbyGod in Januarie, net nadat die skole weer begin het.
Tydperk: 21 Januarie tot 14 Februarie (omtrent 4 weke)
hierby aangeheg ‘n kalender van die volle tydperk se beplanning
Ritme: Ons volg ‘n 3 dag ritme
Maandag: Kyk en sien (deel foto’s)
Woensdag: Dieper Delf (deel stories)
Vrydag: Nadink-tyd (deel insigte)
Raak deel van ons gemeenskap deur ons facebook blad Vrouebediening Wes-Kaap te
Ons sal julle van 21 Januarie 2024 deur die 4 weke begelei op facebook.
Wees gereed om 2024 te #BeginbyGod !
Geseënde Kerstyd,
Vrouebediening Wes-Kaap