In die Senior Kategese bedien ons 12- tot 16-jariges (Graad 7 tot 10) met Woord en Lied, waarna die kinders na lokale verdaag om aan aktiwiteite deel te neem om die boodskap van die oggend vas te lê.
Om belydenis van geloof af te lê, is sekerlik een die grootste roetemerkers op ons geloofspad. Dit gee aan ons die geleentheid om persoonlik voor God en ander gelowiges hardop te bely dat ons glo Jesus is die Here en ‘n belofte af te lê om alleen op God te vertrou, te lewe volgens Sy Woord en om God op alle terreine van ons lewe te verheerlik.
Om ons tieners met hierdie belangrike besluit te help, word ons tieners persoonlik gelei deur een van ons leraars EN aan elkeen van hulle word ‘n voog toegeken wat hom/haar persoonlik bystaan en mentor.