9 Oktober 2020
- Esegiël
Kerntekste: “Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.” Terwyl Hy met my praat, kom die Gees in my en laat my regop staan. Ek het die stem met my hoor praat. Hy het vir my gesê: “Mens, Ek stuur jou na die Israeliete toe, ’n opstandige nasie wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorvaders het hulle teen My verset tot op hierdie dag toe. Dit is moedswillige en hardkoppige mense na wie toe Ek jou stuur. Jy moet vir hulle sê wat Ek, die Here God, sê, of hulle luister of nie, want hulle is ’n weerbarstige volk, maar hulle sal agterkom dat daar ’n profeet tussen hulle is. En jy, mens, moenie vir hulle bang wees nie, ook nie vir wat hulle sê nie, al stuit jy op weerstand, op dorings, al sit jy op skerpioene. Moenie bang wees vir wat hulle sê nie, moenie vir hulle skrik nie. Hulle is ’n weerbarstige volk.” (Esegiël 2:1-6).
- Datering van die boek Esegiël:
– Esegiël tree as profeet op onder God se mense tydens die ballingskap. Selfs wanneer hy verwys na die situasie in Jerusalem, is dit duidelik met die ballinge wat hy praat.
– Sy laaste profesie is in 571 gedateer.
- Die Samestelling van die boek:
Die boek bestaan uit drie dele:
- Deel I (Eseg. 1-24): Profesieë vóór die val van Jerusalem. Dit sluit Esegiël se aangrypende roepingsvisioen en verskeie oordeelsvoorspellings in.
Boodskap: Sterk waarskuwend: valse verwagtinge van ‘n spoedige einde aan die ballingskap sou teleurgestel word met die val van die stad Jerusalem.
- Deel II (Eseg. 25-32): Hierdie gedeelte dateer rondom die val van Jerusalem, en gaan veral om oordeelsprofesieë teen die nasies.
Boodskap: God is steeds in beheer van die wêreldgeskiedenis!
- Deel III (Eseg. 33-48): Kondig herstel en verlossing aan, en speel af ná die val van Jerusalem. Voorspel dat die volk sou terugkeer en die tempel herbou.
Boodskap: ‘n sterk boodskap van hoop: sondebesef en sondebelydenis sal tot verlossing lei!
- Wie was Esegiël?
– Hy is baie lief om na homself as “mensekind” te verwys: hy is maar net ‘n gewone mens, wat deur God as mondstuk gebruik word. Die eer in alles kom aan God toe!
– Hy word beskou as die derde van die Groot Profete.
– Hy was ‘n jonger tydgenoot van Jeremia, maar het onder die ballinge opgetree.
– In sy tyd gaan die Assipriese ryk al meer agteruit en word dit deur die babliloniërs vervang. Onder Nebukadneser beleër hulle Jerusalem en neem dit in. Jojakim abdikeer, en Sedekia word as goewerneur aangestel. Toe hy agt jaar later in opstand kom, word die stad vir 18 maande beleër en weer verower. Sedekia word verblind nadat sy seuns voor hom doodgemaak is. Hy word dan saam met sy mense weggevoer.
– Esegiël was van priesterlike afkoms.
– Hy is saam met omtrent nog 10000 ballinge in 697 weggevoer en langs die Kebarrivier in ‘n besproeiingsskema gevestig. Dis hier waar die Here hom geroep en hy vir twintig jaar as profeet opgetree het.