23 Oktober 2020

  1. Hosea

 

  1. Kerntekste: “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie. Hulle sal die Here volg! Hy sal brul soos ’n leeu en wanneer Hy brul, sal sy kinders vol ontsag uit die weste kom. Vol ontsag sal hulle soos voëls uit Egipte vlieg en soos duiwe uit Assirië. Ek sal hulle na hulle neste toe terugbring, sê die Here.”
  1. Die Boek Hosea:

– Hosea is die eerste van die sg. “Twaalf Klein Profete”

– Daar is twee kenmerke van Hosea wat duidelik uitstaan:

1. Sy besonderse taalgebruik: vol pragtige beelde en simbole. Ook die  struktuur is baie kunstig. Dis mooi omraam deur ‘n inleiding en ‘n naskrif.

2. Dele van Hosea is regtig baie moeilik om in die grondteks te verstaan: soos 4:4-5, 6:6 en 12, 9:8 en 13.

– Die tema van die volk se ontrou aan die eise van die verbond word treffend uitgebeeld deur die verhaal van Hosea se huwelik met Gomer.

– Hosea wissel die oordeelsprofesie aangrypend af met kragtige profesie oor God se ontferming oor sy mense. Veral Hosea 11 en 14 is baie besonders.

– Hosea hanteer heeltyd Israel as ‘n eenheid. Hy voorsien duidelik die hereniging van die ryk.

– Hosea word baie gereeld in die Nuwe Testament aangehaal: Rom. 9:25 en 26, Lukas 23:30, Openb. 9:6, Matt. 2:15 en 1 Kor. 15:55.

– Hosea het ook ‘n baie sterk Messiaanse ondertoon: uiteindelik word die liefdesverklaring van Hosea 11 wonderlik in Christus vervul.

  1. Wie was Hosea?

– Sy naam beteken “Die Here Red”.

– In opdrag van die Here moet hy met ‘n prostituut trou. Sy het hom baie swaar laat kry, aangesien dit lyk asof hy vir haar baie lief was.

– Hy is in die Noordryk gebore en tree op van 755 tot kort voor die val van Samaria in 722 vC.

– Hosea staan bekend as “Die Prediker van God se Onveranderlike Liefde”.