13 November 2020
-
Joël
Kerntekste: ”Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie; of Hy nie weer voorspoed sal gee nie sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees vir die Here julle God!” (Joël 2:12-14).
- Die Boek Joël:
– Hierdie boek is al die “Literêre anker van die Twaalf Klein Profete” genoem.
– Dis byna onmoontlik om te dateer aangesien daar nêrens spesifieke historiese inligting in verskyn nie.
– Samestelling van die boek: Bestaan uit twee dele, maar vorm tog ‘n eenheid.
- Die Boodskap van Joël:
– Joël is ‘n Troosboek. Dit begin met ‘n klaaglied, maar beweeg dan aan tot by die belofte van verlossing.
– Joël lê geweldig baie klem op “Die dag van die Here”, wanneer Hy sal verskyn om sy mense te verlos en te oordeel.
– Joël lê byna nuwe testamentiese klem op genade: daar is by hom geen sprake van verdienste in ons verlossing nie. Dis alles genade!
- Wie was Joël?
– Van Joël weet ons eintlik niks nie: net dat hy die seun van ene Petuel was, en verder niks nie.
– Ons weet nie eens of ons die sprinkaanplaag waarna hy so treffend verwys letterlik moet opneem, en of dit net ‘n metafoor is nie…