22 Januarie 2021

  1. Miga

1. Kerntekste: “Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding? 8Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. Om die Here te dien, dit is wysheid.” (Miga 6”6-9)

  1. Die Boek Miga:

– Daar is opvallende ooreenkomste tussen Miga en dele van Jesaja (vgl. 4:1-4 met

Jesaja 2:2-4). Moontlik kan dele van die boek latere toevoegings tot die oorspronklike manuskrip wees.

– Die boek is moeilik om te dateer: op plekke word die val van Samaria voorspel, en dan klink ander dinge weer of dit ná                 die verowering van Jerusalem geskrywe is.

– Teoloë meen dat die eerste drie hoofstukke van Miga dalk deur Miga self geskrywe kan wees, maar die res lyk asof dit deur verskillende hande te boek gestel is.

  1. Die Boodskap van die boek Miga:

– Miga is baie sterk verbondsgerig. Daarom lê dit klem op sowel die genade as die  oordeel van God. Dit veroordeel ten sterkste sosiale onreg en godsdienstige            verval, maar dit verkondig tog ook heeltyd genade en vergiffenis.

– Tree sterk te velde teen die leiers van sowel die Noord- as die Suid-Ryk.

– Voorsien dat God ‘n nuwe Koning sou gee, wat uit Jerusalem sou regeer… (5:2-6).

  1. Die Persoon van Miga:

– Miga het uit Moreset gekom, ‘n dorpie so 40 km Suid-Wes van Jerusalem.

– Hy het opgetree in die tyd van Jotam, Agas, en Hiskia.