12 Februarie 2021
- Sefanja
Kernteks: “Ontsagwekkend is die Here bo almal. Hy laat al die gode op die aarde wegteer sonder offers, en al die kuslande van die nasies buig voor Hom, elkeen op sy eie plek. Ook julle, Kussiete, word deur die swaard van die Here afgemaai. Daarna steek Hy sy hand uit teen die noorde en maak Hy ’n einde aan Assirië: Hy maak Nineve ’n stad sonder inwoners, ’n droë weiveld. Kuddes vee sal daar lê en herkou, allerlei troppe diere. Pelikane en uile sal op die stad se mooi pilare slaap, die wind sal deur die vensters huil. Die verwoesting sal selfs die drumpels tref, want die sederhout sal afgestroop word. Dit is wat sal word van die uitgelate stad wat so onbesorg daar lê, wat dink: daar is nie nog ’n stad soos ek nie. Hy gaan verwoes word, ’n lêplek vir diere. Elkeen wat daar verbykom, sal fluit van verbasing en sy hande saamslaan.” (Sefanja 2:11-15.)
- Die Boek Sefanja:
2.1. Die tyd waarin dit afspeel:
– Nadat die profetestem stil was tydens die regeringstyd van die goddelose Manasse, verskyn Sefanja op die toneel, net voor Josia se hervormings.
– Op die internasionale terrein is dit net mooi tussen die bloeitye van Assirië en Babilonië. Met ander woorde, dit was ‘n rustiger tyd.
– Ongelukkig was dit ook ‘n tyd van ernstige godsdienstige en sedelike verval.
2.2. Samestelling: Dit lyk asof die kern van die boek voor die ballingskap geskrywe is. Die ontstaansgeskiedenis daarvan is egter baie ingewikkeld, met verskillende mense wat as redakteurs en skrywers bygedra het,
– Soos ‘n ketting, ontwikkel elke nuwe gedeelte die gedagtes wat dit voorafgegaan het.
2.3. Boodskap: Die dag van die Here (oordeelsdag) is aan die kom!
– Dit gaan Juda ook tref. God gaan hulle oordeel oor hulle sonde.
– Daar is egter ook sprake van ‘n klein gedeeltetjie van die volk wat gered gaan word: die “oorblyfsel”.
– Dis ‘n Universele boodskap: Alle nasies staan onder die oordeel van God, maar alle nasies kan ook sy genade ontvang.
- Die Profeet Sefanja: Die enigste profeet van wie ons ‘n geslagsregister het (1:1).
– ‘n Verwysing na Kusi kan dalk beteken dat Sefanja ‘n Kussitiese oorsprong gehad het – dus uit Afrika afkomstig was!
– Hy was ‘n inwoner van Jerusalem, en ken die stad goed.
– Dalk ‘n tydgenoot van Jeremia, en dalk van Nahum en Habakuk ook?