19 Februarie 2021
-
Haggai
Kernteks: “Op die vier en twintigste van die negende maand het die woord van die Here nog ’n keer tot Haggai gekom: Sê vir Serubbabel die goewerneur van Juda: Ek gaan die hemel en die aarde laat bewe. Ek gaan die trone van konings omgooi en die mag van die koninkryke van die nasies vernietig. Ek gaan strydwaens met bemanning en al omgooi. Perde met hulle ruiters sal omkom, die een sal die ander met die swaard doodmaak. Daardie dag sal Ek jou vat, sê die Here die Almagtige, en jou, my dienaar Serubbabel seun van Sealtiël, ’n seëlring maak, want Ek het jou uitgekies, sê die Here die Almagtige.” (Haggai 2:21-23)
- Geskiedenis: Haggai het ontstaan in Jerusalem, na die ballingskap, toe die Jode al na hulle land toe teruggekeer het. Dit was ‘n baie moeilike tyd. Daar was baie konflik met die Samaritane, wat in die land gebly het, en dit het ook ekonomies swaar gegaan. Peste en droogte het aanleiding gegee tot erge armoede.
– In hierdie tyd dra Haggai die bevel van die Here oor, dat die tempel herbou moes word.
- Die Boek Haggai: Bestaan uit 3-4 dele, wat telkens ingelei word deur die woorde: “Die Woord van die Here het tot Haggai gekom…”
– Haggai bemoedig die volk deur hulle telkens daarop te wys dat die Here die groot Koning is wat in beheer is.
– Hy kyk ook vooruit na die koms van ‘n nuwe Koning uit die nageslap van Dawid: Die Messias.
- Wie was Haggai? Haggai was ‘n tydgenoot van Sagaria. Hulle altwee propageer ewe sterk die herstel van die tempel. Dis so belangrik, omdat die eer van die Here daarin op die spel is!
– Hy is na alle waarskynlikheid tydens die ballingskap gebore en het later na Jerusalem toe gekom.