26 Februarie 2021

  1. Sagaria
  2. Kernteks: “Ek het nasies uitgeroei, hulle vestings is vernietig. Ek het hulle paaie verlate gemaak, sonder iemand wat daar loop. Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie, nie een inwoner nie. Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hê en hom laat teregwys, sodat sy woonplek nie vernietig word en al my straf hom tref nie. Maar hy het gretig bly sondig met alles wat hy doen. Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here, wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat.” (Sagaria 3:6-8).
  1. Die Boek Sagaria:

– Van al die 12 boeke wat as die “Klein Profete” bekend staan, is Sagaria die langste, en wat meer is, die ook die een wat verreweg die meeste in die Nuwe Testament aangehaal word – altesaam soveel as 71 keer!

– Dis opvallend hoeveel Sagaria ooreenkom met Daniël 7-12, met sy visioene oor die eindtyd.

  1. Die ontstaan van die boek Sagaria:

– Dit lyk asof die twee dele waaruit Sagaria bestaan, op verskillende oomblikke in die geskiedenis ontstaan het. Die eerste gedeelte (somtyds “proto-Sagaria” genoem, d.i. hoofstuk 1-8) het waarskynlik saam met Haggai ontstaan, want dit verwys na dieselfde gebeure. Die tweede deel (“Deutero-Sagaria”, hoofstuk 9-14) kom waarskynlik uit ‘n heelwat later tyd, omdat daar geen sprake is van verskeie belangrike kwessies van net ná die ballingskap nie.

– Op taalkundige, historiese, en teologiese gronde word Sagaria dan in die twee dele verdeel. Sommige teoloë reken selfs dat ons meer dele kan onderskei.

– Daar is ook teoloë wat meen dat Haggai oorspronklik deel van Sagaria was.

  1. Die boodskap van Sagaria:

– Die Here verbind Homself in hierdie boek opnuut aan sy volk, en roep hulle en hulle leiers (die priesters) op tot bekering.

– God se tempel moet herstel word, sodat almal kan bewus wees van sy teenwoordigheid by sy volk.

– God sal uiteindelik Jerusalem herstel, sodat mense weer daarheen sal stroom om Hom te aanbid!

  1. Wie was Sagaria?

– ‘n Tydgenoot van Haggai, wat as jong man teruggekeer het uit die ballingskap

– Soos Esegiël was hy uit ‘n priesterlike familie. Hy was dus beide priester en profeet.