5 Maart 2021
34 Maleagi:
- Kernteks: “Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob. Van julle voorvaders se tyd af het julle van my voorskrifte afgewyk en nie daarvolgens geleef nie. Bekeer julle tot My, dan sal Ek terugkom na julle toe, sê die Here die Almagtige. Maar julle vra: “Waarom moet ons ons bekeer?” Sal ’n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds ’n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit. Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie” (Maleagi 3:6-10).
- Die Boek Maleagi: Daar word vermoed dat die boek dalk oorspronklik deel van Sagaria was, en dat dit net geskei is ter wille van die simboliek van die getal 12 Klein Profete. Dis nogal opvallend dat Maleagi begin met dieselfde formule wat ons dwarsdeur Sagaria aantref…
- Agtergrond van boek: Dis in die Presiese tyd geskryf, toe die volk onder ‘n vreemde goewerneur gestaan het. Dit vertel ook van voortdurende konflik met die Samaritane en die Edomiete.
- Samestelling: Die boek is in ‘n unieke dialogiese styl geskrywe: telkens word ‘n stelling gemaak en dan bevraagteken.
- Die boodskap van Maleagi:
– Die verbond is geweldig belangrik in Maleagi.
– God se liefde en Vaderskap roep ons op tot geregtigheid en gehoorsaamheid. Opregtheid en offervaardigheid is onmisbare vereistes as jy God wil dien.
– Die dag van God is op pad; dit bring oordeel en verlossing.
- Wie was Maleagi? Ons weet nie. Sy naam beteken “My Boodskapper” – verder weet ons niks van die profeet nie.