14 Februarie 2025

Soos genoem, het die Jeugkommissie wat insluit die Kleuterkerk, Kinderkerk, Senior Kategese en Belydenisklas, besluit om Aksie Samaritaan as ‘n projek te ondersteun gedurende 2025, en spesifiek die 30 hawelose kinders wat op Sondae, Sondagskool bywoon.  Trouens, ons het alreeds ‘n gedeelte van ons fondse wat deur die kinders weekliks bygedra word, geskenk vir Aksie Samaritaan se Kersfeesfunksie aan die einde van 2024.

Volgens Jacomina Swart, ons gemeente se verteenwoordiger by Aksie Samaritaan, word die volgende benodig, en is ingedeel onder die Jeugkommissie afdelings, maar enige hulp vanuit die gemeente sal ook waardeer word.

INSAMELING VAN :

Toiletware – Kleuterkerk – Joline Steyn

Eerstehulp items – Kleuterkerk – Joline Steyn

Skryfbehoeftes – Kinderkerk (Heelwat is reeds deur ouers bygedra) – sien foto. – Riëtta Odendal

Bybels, dagstukkieboeke, leesboeke  – Boekwinkel en Klere en Vere (Heelwat is al aan hulle geskenk) – Sarie de Milander en Susan Blanché

Skoolklere (Ackermans en Pep is ook genader vir hulp) – Riëtta Odendal

Skoene, klere, onderklere – Klere en Vere, Susan Blanché

Komberse vir die Winter – Susan Blanché

Wolmusse, -serpe, -bedsokkies, -handskoene – Elsa Welman se breigroep by Huis de Kuilen brei fluks, en is reeds klaar met 60 musse en 30 serpe.  Ons benodig egter WOL, verkieslik “double knit” en sal skenkings waardeer.  De Kuilen se inwoners brei fluks, maar beskik nie oor die fondse om wol aan te koop nie – sien wolfoto.

Een bol Charity Double Knit kos R31.50 by die wolwinkel in Blomtuin, Bellville.  By ons eie winkel, Magdals, betaal jy R32, wat darem baie nader is.  ‘n Mens brei twee pare (4 bedsokkies) uit ‘n bol wol.

Kontant – die Kinderkerk kinders bring Sondae R5’e, waarvoor hulle ‘n ster kan plak vir elke R5, op ons “Ons volg Jesus” plakkaat – sien foto.

PRAKTIES :

Kosskeppers Sondae – Die Senior Kategese  16de Maart DV

Sondagskoollesse aanbied/Uitreike –  Kinderkerk 9 Maart DV

Jar of Hope met sopprodukte in die Winter – Belydenisklas  – Susan en Elmarie

Vraghouer (“Container”) afskuur en verf – Senior Kategese – Elmarie Scholtz

Hande en Vervoer vir uitstappies – Jacomina Swart

SO, dit is ons projek in ‘n neutedop.  Kom maak jou hande vuil, en wees die hande en voete van Jesus vir diegene wat baie minder as ons het.

Liefde-groete

Riëtta Odendal

Kinderkerk

0829040950 of r.odendal@mweb.co.za