12 Oktober 2018
Met die aanvang van die program het vyftig (50) lidmate opgedaag en vyftig (50) broers en susters, ‘n familie, het twaalf weke later saam afgesluit. Wat ‘n belewenis! Vol van dankbaarheid, mense sonder krone, diensbare vriende, kyk terug en besef dat ons antwoorde gekry het oor sake waaroor ons almal soms wonder. Kan ek die Bybel glo? Wie is Jesus regtig? Waarom laat God dit toe? Waar was Hy? Gee Hy regtig om? Kan mense gesond raak as daar vir hulle gebid word? Wie is die Heilige Gees? Praat God nog met mense?
Maar Alpha beteken nie die einde nie. Dis maar net die begin. Die ses groepe word aangemoedig om voort te gaan met hulle dienswerk en groei. Een groep het gister saam middagete gaan eet en planne gemaak om voort te bou op dit wat oor die afgelope twaalf weke geleef en geleer is. Sommige lede van Alpha gaan die naweek van 19-21 Oktober 2018 in Nuwerus kuier wanneer basaar gehou word.
Julle word geroep om vroeg in 2019 die volgende Alpha-program mee te maak. Kontak vir Franci (Sel:082 891 2384) of vir Chris (Sel:082 822 6619) om nou al om jou naam op die lys te plaas vir die eerste Alpha in 2019. Ons sien daarna uit om saam met jou in die voetspore van Jesus te leef!