13 Julie 2018

Wat om elke Woensdagaand vanaf 19:00 te verwag?

Op 18 Julie 2018 om 19:00 begin hierdie reis, propvol avontuur, wanneer ons saam as familie hierdie onbekende landskap saam betree.

Die reeks bestaan uit 11 sessies wat aangebied word deur  ds. Chris, Franci Gresse en gesprekleiers wat die afgelope week opleiding ontvang het en kinderlik opgewonde is oor die program. Daar sal ook van gassprekers gebruik gemaak word. Die formaat van elke sessie bestaan uit ‘n heerlike ete gevolg deur ‘n videogreep met drie vrae wat om die tafels bespreek word. Ons gaan stiptelik om 19:00 begin en om 21:00 afsluit. Van die temas wat ons gaan verken sluit in: Wie is Jesus? Waarom het Jesus gesterf? Hoe kan ons geloof hê? Hoe lei God ons? Waarom en hoe moet ek die Bybel lees? Wie is die Heilige Gees? Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe? Word mense nog deur God genees?

Ons eie Senior Kategese het die afgelope twee kwartale aan Alpha deelgeneem en daar is wonderlike terugvoer ontvang:

Dit was baie sosiaal en dit het ons geleer hoe om met mense te praat oor die Here. Dit het ons laat voel ons moet kerk toe kom en ons wou daar wees, want ons het dit baie geniet.”

Ek het gemaklik gevoel en die videos het vir my nuwe goed geleer en vertel.”

“Dankie Heer, dat jy my gebruik! Alpha het my geleer: Everything can be done!”

Kom kuier saam met ons vanaf 18 Julie 2018, en nooi sommer jou bure saam…

“Who will you invite” Kliek hier om te kyk

Kontak asb. vir Marianna of Cathy by die kerkkantoor (021 903-3818) Ter wille van die kosvoorbereiding sou ons graag voor Dinsdag, 17 Julie 2018, getalle wil hê van die persone wat saam met ons vir die volgende 11 weke die program gaan meemaak. Natuurlik sal daar plek wees vir persone wat op die nippertjie besluit om saam met ons te reis. Inskrywingsgeld is R60-00 vir hele program.

Sien jou Woensdagaand by ALPHA – daar waar alles BEGIN!