8 Junie 2018
Dis nog nie te laat om jou plek te bespreek om ALPHA mee te maak nie. Alpha is ‘n inleidende kursus tot die Christelike geloof en bestaan uit 13 sessies wat handel oor die sleutelaspekte van Christenskap.
Die kursus duur dertien weke met een sessie per week op ‘n Woensdag om 18:45.
Die normale program vir elke weeksaand bestaan uit die volgende:
- Kos– Aandete word saam geniet sodat daar tyd is om te gesels en mekaar beter te leer ken.
- Gesprek – ‘n Bepaalde onderwerp word bespreek.
- Kleingroep bespreking – Waar enige vrae wat uit die praatjie voortvloei met mekaar bespreek kan word.
Luister gerus na Michelle van Durban se getuienis. Sy het as kind haar ouers bewonder en wou graag soos hulle eendag wees wanneer sy groot is, maar op die ouderdom van 18 was sy met dwelms deurmekaar en in ‘n verhouding waar sy mishandel word. Sy wou graag verder gaan studeer om iets van haarself te maak en hoor toe by ‘n vriend dat jy baie geld kan maak as ‘n ontkleedanser. Dit het alles net te veel geraak en sy het begin soek na antwoorde.
Luister hier self na Michelle as sy haar verhaal vertel.
Kontak asb. vir Mariana of Cathy by die kerkkantoor (021 903-3818) om te registreer en nooi mense saam.