16 November 2017

Alpha is ‘n inleidende kursus tot die Christelike geloof en bestaan uit 13 sessies wat handel oor die sleutelaspekte van Christenskap.

Die kursus duur dertien weke met een sessie per week op ‘n Woensdag om 18:45.

Die normale program vir elke weeksaand bestaan uit die volgende:

  • Kos– Aandete word saam geniet sodat daar tyd is om te gesels en mekaar beter te leer ken.
  • Gesprek –  ‘n Bepaalde onderwerp word bespreek.
  • Kleingroep bespreking – Waar enige vrae wat uit die praatjie voortvloei met mekaar bespreek kan word.

Die datum van die kursus in 2018 sal binnekort bekendgemaak word

Die kleingroepatmosfeer wat geskep word, is een van openheid en vryheid. Enige sienings of standpunte is welkom en daar word nie gekritiseer of verkleineer nie. Die kleingroep is daar om te leer, te bespreek en te ontdek. Die kursus is gratis, maar donasies kan vir die etes gegee word.

As jy dink dat dit die program is wat jy wil volg in 2018 moet jy e-nuus dophou! Ons hou jou op hoogte.