17 Augustus 2018

  1. Sorina Greeff

Ons is al by die vierde week van Alpha en elke sessie is ‘n ervaring op sy eie. Dis wonderlik om saam met ander gelowiges om die Bybel te kan kuier.

Die vierde onderwerp het oor geloof gegaan. Wat is geloof?  Wat beteken dit vir ons?

Vir ons as groep is geloof blinde / vaste vertroue in God en om jou lewe in Sy hande te plaas. Dis die verhouding tussen ons en God. Dis altyd positief. Geloof is die eerste stap na die ewige lewe. Dit moet ons leefstyl word, hoe ons elke dag optree, dink en doen. Geloof bly vir my die aksie van God (wat Hy met liefde doen) wat my lewe oorneem.

Iets wat my  nogal laat dink is die persone in die dvd wat nie weet wie Jesus is nie of hoekom  Hy gesterf en opgestaan het nie. Dit laat mens wonder of ons nie moet dink aan waar ons evangeliewerk doen nie. Dit voel vir my of daar mense tussen ons is wat nie weet wie Jesus is nie.  Dis ons plig om hul van Jesus se liefde en genade te leer.

Baie dankie vir diegene wat dit moontlik maak vir ons om die kursus te volg. Dis regtig iets wat ek sal aanbeveel vir almal, want dit laat mens diep dink, nie net terwyl jy daar is nie maar ook as jy by die huis is na die tyd.

Sorina Greeff

  1. Riëtta Odendal

As tafelleier van Tafel 3, aka die Winny the Poo tafel, deel ek graag :

Van die eerste oomblik af dat ek kennis geneem het van die Alpha-reis,  het ek gedring gevoel om dit by te woon, onder andere sekerlik omdat ek as Kinderkerkleier nie so dikwels kans het om die eredienste by te woon nie.  Ons is nou klaar met week 5, oppad na die halfpad-merk, en wow, wat ‘n reis!

Dit voel eintlik vir my of ek my hele lewe lank ‘n kind van die Here was, en is, soos Timoteus.    En omdat ek onbevange die Bybel glo, dink ek nie altyd oor dinge nie.  Ek glo dit net soos ‘n kind.   Sooooo, by Alpha kom ons weekliks heerlik tot stilstand, en word ons uitgedaag om te dink en gedagtes te deel rondom die tafel oor dinge soos :  Wie is Jesus regtig vir my? Hoekom het Jesus gesterf?  Hoe verkry ons geloof?  En vanaand : Hoe en waarom bid ek?  Volgende week DV : Hoe en waarom behoort ek die Bybel te lees?  Ensovoorts.

En uit die monde van my tafelgenote :

“Die kursus is op soveel vlakke vir my spesiaal en dit is moeilik om in woorde te beskryf hoe dit my laat voel, maar ek weet as ek die video’s so kyk en die mense se antwoorde op die vrae hoor, kan ek soooo dankbaar wees dat ek vir Jesus ken en dat ek met trots kan sê ek is Sy kind.”  Sy sê ook : “Hierdie kursus inspireer my om my liggie helder te laat skyn vir Jesus sodat ander mense dit kan sien en ook soos ek wil lewe.  Dit maak my hartjie opgewonde om nader aan Jesus te lewe en ek wil meer goed doen in die wêreld, minder lelik praat (want glo dit of nie … ek’t nog ‘n paar maande terug gevloek soos ‘n matroos) maar bid elke dag dat Jesus ‘n wag voor my mond sal sit dat ek ‘n voorbeeld vir ander kan wees.”

“Die Alpha-kursus is ‘n geleentheid om die betekenis van die lewe in diepte te ondersoek, om ander mede gelowiges te ontmoet, te kan leer van mekaar en om jou insig te kom deel.  Maak nie saak wat jou ouderdom is nie.”

“Die Alpha kursus is ‘n baie besonderse kursus.  Ek dink ‘n mens leer baie van Jesus deur die wêreld se oë.  As ‘n mens na die video clips kyk, is dit hartseer om die wêreld se siening oor Jesus te sien.  Maar ook leer ons om Christenskap vanuit ‘n ander ‘angle’ te benader.”

“Ek dink dis ‘n great geleentheid om stil te raak saam met ander en om regtig bietjie tyd saam met medegelowiges te spandeer.  Mens voel elke keer welkom en mens voel die omgee van ander as mens daar kom.  In die gejaagde lewe vind ons nie baie tyd om stil te staan by mense om hulle opinies oor hierdie vrae te hoor wat ons vra nie en ook nie altyd om jou eie gedagtes rondom die vrae te vorm nie.  Dis baie waardevol en ek leer net elke aand meer oor die amazing mense wat julle almal is.  Stem ook saam dit is heeltemal ‘n ander tipe benadering en ek geniet dit.  Die kursus laat mens nogal meer met ander mense praat oor geloof en waarvan ek die aande geleer het.  Dis asof mens se bekertjie oorloop en jy kan nie help om met ander te deel nie.  Nou laat dink dit my aan die borreltjies waarvan Tannie Riëtta altyd praat.”

“Ek gaan definitief vannag met die ware Vrede van Jesus slaap.  Watter wonderlike voorreg en versekering om te weet dat ons die Enigste en die Ware Lewende God aanbid!”

Bo en behalwe al die heerlike geestelike kos, EN liggaamlike kos,  spandeer ek sinvolle tyd met ou vriende,  het ook nuwe vriende gemaak, en geniet ons drie “ouer” vrouens  die geselskap van 4 jongmense, wie se insigte baie verfrissend is.

My boodskap aan alle gemeentelede, moenie die volgende Alpha-reis nie misloop nie!

Riëtta Odendal

  1. Sanet Koen, wat help dat almal kos kry, stuur hierdie Whatsapp-boodskap (net so geplaas):

Ek wil graag ietsie met jul deel – vir iemand anders is dit dalk niks nie, maar vir my is dit nogal iets groots. Ek’t vanmid net skielik besef, dat God se Hand  is oral hier by ons Alpha kursus. Gewoonlik is ek smiddae nie voor ong 16h15 op d vroegste tuis nie – dit is meer v ñ uitsondering as ek d dag d middag vroeg tuis is. Maar vandat d kursus begin het, was dit nog elke week vir my moontlik om vroeg tuis te wees d smiddae wat ek d kos v Ruan moet ontvang asook d Wo middae! Als werk nog net elke keer perfek uit tov d etes! Dit was 1 v my grootste “worries”, dat ek/ons nie ons draaie betyds gaan kan kry & dan is d kos laat nie, veral omrede Sias saans eers gewoonlik laat tuiskom. Ook was 1 v my grootste bekommernis dat ons nie voldoende fondse sal hê om enduit etes te kan voorsien nie… maar vanmid het ek vir d 1e keer rustigheid hieroor ook, ek het die woorde “God sal voorsien” ontvang, ek moet leer om op Hom te vertrou. Jul moet ñ lekker aand hê, sien jul Wo aand!