18 Oktober 2019

Goeiedag Ds. Burger

Die gesprek me. Jordaan verwys.

Huis De Kuilen ondersteun die beginsel van aktiewe veroudering en wil graag aan alle inwoners die geleentheid bied om deel te neem aan aktiwiteite om gesonde liggaam, gees en verstand te bevorder.

Die inwoners in ons Alzheimer afdeling het unieke behoeftes wat ons graag met u gemeente se hulp wil aanspreek.  Binne die Alzheimer afdeling maak ons gebruik van aktiwiteite wat al die sintuie stimuleer en dit verlang visuele hulpmiddels.

Graag neem ons die vrymoedigheid om enige vorm van skryfbehoefte-skenkings aan te vra.  Dit kan werklikwaar enige iets insluit van gekleurde papier, gom, blinker, plakkers, verf, dik vetkryte ens.  Ek dink sommer aan die skooljaar wat ten einde loop – al die nie-klaargebruikte items sal ‘n groot verskil maak.

U ondersteuning en samewerking word waardeer.

Vriendelike groete

Mev. Catherine Botha

Maatskaplike werker