11 April 2026

EINDE VAN HIERDIE MAAND HOU DE EIKE BASAAR !!!

Hier is ‘n paar belangrike datums en reëlings waarvan jy moet kennis neem.

7 Mei – voltooide basaar belofte vorms  terug by blokleier of direk na kerkkantoor.

21 Mei – bestanddele by kerkkantoor. Ons sal eersdaags sê wat ons nog benodig indien jy dalk wonder wat om te gee. Indien jy nie vervoer het om dit by kerk te kry nie, kontak ons gerus en ons maak ‘n plan.

Kontantdonasies kan nou reeds gedoen word.  Doen EFT (bankbesonderhede verskyn hieronder), kontant in gemerkte koevert in kollektebord, inbetaal by kantoor of per kaart by kantoor.

AKKERBLARE is beskikbaar by die kerkkantoor gedurende die week. Sondag 10, 17 en 24 Mei kan jy na afloop van die oggenddiens in die kerksaal Akkerblare koop.

Doen ‘n EFT vooraf en reël met die kerkkantoor waar en wanneer jy dit wil afhaal. Kaartbetalings kan ook gedoen word.

Ons benodig leë roomysbakke – 2 en 5 liter – bring na kerkkantoor of plaas in mandjies by deure.

As riglyn vir hoeveel Akkerblare jy moet  koop, gee ons van die tafels se produkte se pryse solank vir julle. Ander tafels se pryse gaan wissel na gelang van produkte.

Die pryse van die kos wat by die basaar te koop gaan wees, is as volg:

BANKBESONDERHEDE

Rekening in naam van NG KERK KUILSRIVIER-DE EIKE

ABSA BANK – takkode 632005

Rekeningnommer 3010590069

Verwysing vir donasies – naam  + basaar

Verwysing vir Akkerblare – naam + AKKERBLARE

Stuur betalingsbewys na ngkeike@cybersmart.co.za

Ons het ‘n baie bekwame span konvenors wat die voortou neem met die onderskeie tafels – sien die ingeslote lys. Kontak hulle gerus as jy iewers betrokke wil raak.