22 April 2022

Basaar Terrein en Tente Uitleg

Tweedehandse Boeke teen Spotgoedkoop Pryse

Van Deon Meyer tot Nataniël, daar is ‘n boek vir elkeen se smaak!  Daar is, onder andere, ‘n verskeidenheid van resepte-, tuin-, stokperdjie- en reisboeke.  Outobiografieë van bekende persone is ook beskikbaar.  Donasies van al u oorbodige boeke en tydskrifte is meer as welkom.  Lewer asseblief by die kerkkantoor af of skakel my.  Baie dankie

Sarie de Milander

084 209 7844

 

 

 

Boepensbroodjies (Jaffels)

Die volgende persone is tans deel van ons span wat vanjaar regstaan vir die Basaar :

Hester Hill, Corra Kitshoff, Jakkie Swart, Miemie Myburgh, Riana Fick, Roezan Lewis, Carina Barnardo, Tarina Esterhuyzen, Cassie Carstens, Anette Bester

en Erica van der Westhuizen.

Ofskoon René Ferreira en Retha Allers nie vanjaar by die Boepensbroodjies gaan help nie – hulle doen elders diens – het hulle nogtans beloof om ‘n hoeveelheid maalvleis gaar te maak. Ons sê by voorbaat baie dankie daarvoor !

Ons benodig egter nog hulp by die tafel en vra dat lidmate asseblief hul dienste kom aanbied om ‘n groot sukses van hierdie Koninkrykswerk te maak !

Bokkie Geyer

0825774673

Groot Koeke

Skakel gerus vir Marianne Brink by 021 903 2618 indien u ‘n bydrae vir die grootkoektafel wil maak of met die verkope op basaardag wil help.

Marianne Brink

071 221 9739

 

Hamburgers

Kom slaan jul tande in ons heerlike sappige hamburgers met ons geheime sous. Jul gaan spyt wees as jul dit mis. ? Die manne begin al rondom 06h00 met die vure om te verseker dat als betyds klaar is. Ons is ? lekker span mense wat saamwerk. Kom geniet julself!

 

Sanet Koen

082 447 4088

 

Naald- en Handwerk (Iets van als)

Kom ondersteun hierdie kleurryke tafel met ‘n lekker verskeidenheid items. Ons het vanjaar ook heerlike konfyte en ingelegde kool, beet en slaphakskene.

Christine Myburgh

082 824 4421

 

 

Melkkos

Lekker heerlike heilsaamheid!!!!

Kom “KOEP” van ons lekker melkkos net soos ouma dit gemaak het

Hester Carstens

083 440 1232

 

Dit en Dat

Indien daar enige ongewenste – bruikbare item in

jou pad lê.  Bring dit asb na kerkkantoor vir bo-

genoemde tafel of skakel:

Henty Wickens – 0837033720

 

Kuiertent

Die kuiertent was in die verlede as die “kafee” bekend. Die kuiertent sal in een van die tente op die terrein wees. As jy moeg gekoop en rondgeloop is, kom sit gerus aan by een van die tafeltjies in die kuiertent. Jy kan die eetgoed wat jy by ander tafels gekoop het, by ons sit en geniet en lekker saamkuier met ander. Terselfdertyd kan jy koffie of tee by ons bestel en geniet. Sien jou in die kuiertent!
Riëtte Morkel

 

 

Lekkers

Moet assebliefie

De Eike Snoepie

Reg in die Hoekie

Mis Loepie!!!

Cedric & Pam

Materiaal

 

Aandag!!! Aandag!!! De Eike hou basaar. Baie dankie aan elkeen wat reeds materiaal, gare, knope, haberdashery, ens. geskenk het.

Ons het ook bietjie wol en hekelpenne ontvang. As daar n lappie, wol, breipenne, enigiets in kas lê, kom gee dit asb. by die kerkkantoor af.

Kom geniet n lieflike oggend saam met De Eike.

Elsa Welman

 

Klein koekies

       

Daar is reeds beloftes vir heerlike klein koekies gemaak. Geen “teaparty” sonder ‘n klein koekie is ‘n perfekte “party” nie. So kom betyds sodat jy ‘n goeie voorraad kan koop. Ek kan ook bestanddele voorsien indien daar baksters is wat bereid is om te help bak. Kontak my by 0835783433 indien jy kan help.

Baie dankie.

ELMARÉ BURGER

Springkasteel!!!!

Bring die kinders en kleinkinders om lekker te kom speel op die springkasteel. Ure se pret vir hulle.

 

 

 

 

 

 

Kerrie en rys

Kan jy glo, kerrie en rys vir vanjaar se basaar. Die nimmereinde Martie Joubert van Othello en haar span sal julle bederf met die smaaklikste kerrie en rys van wel eer, verseker die beste in die weste!

Julle sal nie spyt wees nie, behalwe dat julle dalk te laat kan wees omrede alles uitverkoop sal wees. Spyt kom mos altyd te laat.

Voor af bestellings kan geplaas word vir gevriesde bakkies.

 

Skakel asb vir:

Martie by 021 9821358

André by 082 469 1717

Mariette by 082 561 6662

Sien julle daar by De Eike se basaar.

Pannekoek

‘n Basaar is nie ‘n basaar as daar nie pannekoek is nie.

Kry jou vars gebakte pannekoek in die voorportaal

EN

die 28ste is ‘n basaar!!!!!!!!!

 

Mooi dag

Louisa

Poeding

Hoor julle dit?

Die poedingtafel roep julle al.

Wat is ‘n basaar sonder poeding?

Al die ou gunstelinge is terug.

 

 

Lekker dag

Esther

Plante

Kom ondersteun vir Elba en Maranda by die plante tafel. Daar is plante vir buite sowel as binne teen bekostigbare pryse. Kry ook tuin geskenkies om die tuin te verfraai. Enige skenkings van plante, potte of stompe sal nog waardeer word.

 

Kontak:  Maranda

082 375 5453

 

Vetkoeke

Welkom by die Vetkoektafel!!

Hierdie jaar is daar weer heerlike kerrie-vetkoeke (R20) en ook ongevulde vetkoeke (R15).

Met ‘n gedugte span is die diens flink en vrolik!! ?

Lorraine Louw

 

Vleistafel

Hunker / Verlang jy na die vleispotte van De Eike?
Kom staan dan Saterdagoggend in die vleistafelry en eis jou pond vleis – daar is primagraad wors, maalvleis, tjops, sopbene en biltong. Ons gee vleis aan die basaar; sonder ons is die basaar nóg vis nóg vlees, net vel en been.

Hennie en Piet Rootman

 

 

Worsjorsies

 

Die smul-lekkerrrrrr worsie in sy jassie op ‘n stokkie èn nog met die lekkerste sous oor……………
wag vir jou by ons basaar van die jaar!!!!!!!!!

Sien julle daar!!!!!!
Tot dan
Veilig wees.
Elmarie Scholtz

 

Veiling

 

BASAAR 2022 SE VEILING
Soos al die vorige jare behoort elkeen op wie ‘n bod toegeslaan word, met ‘n winskopie weg te loop. Hierdie jaar het ons lidmate van hul tuisgemaakte items beskikbaar gestel om opgeveil te word. Ek kan nie glo dat daar soveel talente onder ons lidmate teenwoordig is nie. ‘n Hand vervaardigde pen en potlood-stel in ‘n houtkassie. Vlekvryestaalgrafies vir die kamp entoesias, ‘n braaier op wiele en nog vele ander items is ook op soek na eienaars. Kom ondersteun die veiling en verras jou mense wanneer jy met iets nuuts by die huis opdaag.
Vriendelike Groete
Chris Barnardo