15 Maart 2018

Die belydenisklas het die afgelope naweek by die High Africa avontuurkampterrein naby Worcester ‘n baie geseënde kamp beleef.

Die grooste deel van Saterdag is spandeer aan die “avontuur”-gedeelte van die naweek.  Die spanaktiwiteite het praktiese probleemoplossing en goeie spanwerk vereis, terwyl die hoë toubaan elkeen uitgedaag het om hoogtevrees te oorkom en persoonlike uithouvermoë te toets – darem in veiligheidsharnasse en alles onder die waaksame oë van die bekwame gidse.  Selfs sterk wind en ligte reën het hierdie dapper groep nie afgeskrik nie!

Daar was ook tyd vir pret en plesier (roei op die rivier en swem) en genoeg tyd vir ontspanning en om lekker as ‘n groep saam te kuier.

Een van die hoogtepunte van die naweek was ongetwyfeld die geleenthede om stil te raak rondom God se Woord.  Ds. Jandré het die tema “Ek glo” gekies vir die naweek.  Elkeen van ons is geïnspireer om opnuut te dink oor wat ons glo, hoe geloof gevorm word en waarvoor ons as Christene geroep is.

‘n Ander hoogtepunt was die lekker kos.  Baie dankie aan (tannie) Susan Blanché, wat al ‘n jaarlikse instelling op die kamp is, wat weereens gesorg het dat almal genoeg te ete en te drinke kry.

Dankie aan almal wat die naweek moontlik gemaak het!