15 Maart 2018
Bibles for Believers, ook bekend as Harvesters Ministries, is betrokke by kerkplantings wêreldwyd, lei leraars en pastore op en versprei Bybels.
Kerkplantings word gedoen in Afrika, die Verre-Ooste, asook Sentraal-Amerika.
Gedurende die afgelope jaar is duisende nuwe kerke geplant en leraars word vir elkeen van hierdie kerke opgelei. Duisend Bybels word aan die nuwe leraars besorg om te versprei na die inwoners en lidmate van dié kerk.
Die opleidingsmateriaal is vertaal in 41 verskillende tale. Tans is daar wêreldwyd ongeveer 20 000 studente in opleiding.
Gedurende 2017 het 635 studente gegradueer in Malawi. Die gemiddelde lidmaattal van ‘n gemeente in Malawi is 121, maar baie van hulle het nie Bybels nie. Met behulp van bydraes aan Bibles for Believers kan jy ook deel in die ervaring van die verspreiding van Bybels.
LERAARS & PASTORE IN OPLEIDING
LIDMATE ONTVANG HUL EERSTE BYBEL