14 September 2023

Ons tema hierdie jaar is “Oppad met Jesus”, met subtemas per kwartaal : 1 “Leer ken vir Jesus” – Die Bybel;  2  “Glo in Jesus” – Geloofsekerheid;   3 “Praat met Jesus” – Bid en  4 “Vertel van Jesus” – Getuig.

 

Gedurende kwartaal 3 het ons weekliks gesels oor “Hoe praat ek met Jesus?”  “Hoekom moet ek praat met Jesus?” ensovoorts, met wonderlike praktiese aktiwiteite.  Die onderwerp het ook goeie gesprek uitgelok by die seniors.

As vaslegging was dit wonderlik om gister die gebedsmuur te kon gebruik.  Die klasse het elkeen op hulle beurt  10 minute gehad om by die muur te vergader.  Hulle het dan ook vir hulle ‘n  onderwerp/e gekies, die regte kleur lint/e aan die muur vasgebind, en daarna rustig gaan sit om met Jesus te praat.  Al die kinders het hierdie oefening met groot erns aangepak, so kosbaar om te sien.  Die muur lyk nou behoorlik soos ‘n kleurvolle Kersfeesboom.( sien fotos onder)

 

Een van ons graad 3 seuns het selfs ‘n versoek op die bord geskryf, te dierbaar.  Ek dank God vir hierdie geleentheid.  Alle eer aan Hom!

 

Liefde-groete

Riëtta