22 Augustus 2019
Lize stuur vir my Shariska se briefie aan oor ons Kinderkerk se betrokkenheid by Bottelary Laerskool. Sy skrywe soos volg:
“Ek wil graag namens die skool vir elke lid van die gemeente, in besonder die kinderkerk, bedank vir die ongelooflike werk wat hulle doen.
Die geld wat ingesamel is, word aangewend om vir die kinders by die skool te voorsien van skoolsweetpakke en skoolskoene. Ek kan met eerlikheid sê dat ons kinders dit regtig nodig het en ook baie waardeer.
Die kinders dra die sweetpakke met trots en pas dit ook baie mooi op. Die ouers stuur boodskappe saam met die leerders om hulle dankbaarheid te toon. Die skenkings maak die leerders baie opgewonde, trots en dankbaar.
Die leerders is blootgestel aan verskriklike slegte omstandighede en sosio-ekonomiese faktore wat negatiewe invloede het op hul lewens. Soms is dit die kleinste goed wat die grootste verskil maak. As voorbeeld kan ek noem dat die leerders wat die pragtige gebreide mussies en serpe ontvang het, dit so mooi op pas. Hulle gesiggies het sommer die blydskap gewys.
Geen woorde kan dankie sê vir die verskil wat die gemeente maak nie.
Duisende dankies!
Bottelary Primêr”