15 Augustus 2019
Die bevordering van vroeëkindontwikkeling via gemeentes bly een van die sinode se fokusareas. Van die noodsaaklike vaardighede wat ‘n drie- tot vierjarige kind moet bemeester, sluit in fynspierkoördinasie, oog-handkoördinasie, sowel as tekstuur, kleur- en vormherkenning. Balspel help in die ontwikkeling van al hierdie vaardighede en daar is ‘n groot behoefte aan hierdie gebreide balle (en aan breiers self). Dit kos min (afvalstukkies wol word gebruik) en is maklik om te doen – hier is die patroon Enigiemand wat belangstel om te help deur te brei óf net wol of ou koerante en gebruikte lemoen- en broodsakkies te skenk, waarmee die bal opgestop word, kan Nicola Vermeulen kontak by 021 957 7188 of 071 383 7937.