3 Februarie 2023

FOR THE LEAST OF THESE…
Matthew 25:31-46

Rahul en Lorette – Nuusbrief 5/2022

 

Liewe Vriende,

Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning die afgelope jaar. Ons kyk met dankbare harte na 2022 en sê: “Loof die Here, aan sy goedheid is daar geen einde nie!” Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Natuurlik was daar uitdagings, vele teleurstellings en baie trane, maar deur dit alles was daar altyd die goedheid van God en so baie om hom voor te prys!

 

Die Here het ‘n gerieflike, veilige woonplek met ‘n dierbare landheer in Ooty voorsien. Priyanka en Nadia kon ‘n skooljaar in persoon voltooi en is reeds halfpad deur ‘n volgende een… sal ons dit ooit weer as vanselfsprekend aanvaar?! Lorette het die voorreg om in vele kinders se lewens in te bou terwyl sy ons eie dogters daar kan ondersteun. Die “Turning Point” is besig en ons bly dankbaar vir die Here se seën oor ons besigheid. Ons kan werk verskaf en in mense se lewens inspreek. Met ons stasiebediening gaan dit goed – ons kan van tyd tot tyd met ons kinders by die skooltjie wat soms vir ons beskikbaar is, bymekaar kom. Tussendeur besoek ons personeel die kinders en kan ons steeds ons skoolgaande kinders ondersteun. Ons sal ook weer hierdie jaar ons Kersprogram aanbied en saam met ons kinders feesvier.

 

Rahul het baie gereis die afgelope jaar en ons is dankbaar vir elke veilige vlug, besoek, geleentheid, hartlike ontvangs en getroue ondersteuner.

 

Julle tel beslis onder ons kosbaarste seëninge… Baie, baie dankie vir nog ‘n jaar se saamstap, saambid en gee. Dit beteken vir ons oneindig baie en ons prys die Here vir elkeen van julle!

 

Ons wens vir julle is ‘n Baie Geseënde Kersfees en die allermooiste 2023!

 

Met al ons liefde,

Rahul, Lorette, Priyanka en Nadia