16 Julie 2021

14 Julie 2021

Liewe Gemeente

Ek ontvang vanoggend ‘n stempos van my suster, Erna Rademan, van hul plaas in die Vredefort-distrik waar sy vir ons die hele Ps 91 sing terwyl sy haarself op die klavier begelei. Ek gee vir julle die woorde om julle ook te versterk, bekragtig en te kalmeer in hierdie moeilike tyd.  My suster in die Murraysburg-distrik het onmiddellik gesê sy gaan haar Liedboek bietjie uithaal en sommer sit en lees aan die liedere.  julle kan dit gerus ook doen!

Ps 91:1-3
Wie God Almagtig bly vertrou, vir hul is Hy ‘n vesting.
Sy skadu sal hul veilig hou, sy vleuels is hul skuiling.
Van siekte sal Hy jou bewaar, jy hoef nie bang te wees nie;
geen aanval, plae of gevaar, geen skrik hoef jy te vrees nie.

Al val daar duisend man maal tien, Hy sal jóu nie laat neerstort;
die goddelose, sal jy sien, dié sal deur Hom gestraf word.
Sy engele sal met jou stap; jy sal jou voet nie stamp nie;
jy sal op leeus en slange trap. Vrees daarom dan geen ramp nie.

“Ek het hom lief, Ek sal hom red, hom wat My ken, beveilig.
Ek hoor hom in sy smeekgebed en Ek sal hom verdedig.
In nood staan Ek hom altyd by, sy eer sal hy weer t’rugkry;
hy sal hom oor my hulp verbly en baie jare leef hy.”

Wees veilig!

René Ferreira
Orrelis