3 Maart 2023

By die Kinderkerk doen ons, ons bes om die kinders regtig lief te maak vir Jesus/God en die Bybel, en weet ‘n mens nie altyd hoe die boodskappe insink nie.  Ons tema hierdie kwartaal is “Leer ken vir Jesus”, waar ons die waarde van die Bybel, en die vaslegging van die Bybel beklemtoon, op allerhande interessante maniere. Op Sondag (26 Februarie) het ons dan ook verduidelik dat die Bybel ‘n brief van Jesus/God is aan ons, en ons dit elke dag moet lees, dat ons kan onthou hoe lief Hy vir ons is, en dat ons ook kan weet hoe ons moet leef.  Ons het ook geleer uit Psalm 119 vers 105, dat die Bybel die lig op ons pad is, en dat ons gereeld ons Bybel moet lees dat ons die Lig in die donker tye in ons lewe kan gebruik. Ek het met ‘n herlaaibare kopflits, ‘n kamplamp en ‘n herlaaibare bedlampie gedemonstreer, en ook verduidelik dat ons ook elke keer ons geestelike lewe moet herlaai deur Bybel te lees.

 

In die klas skryf die kinders toe briewe vir Jesus/God, en is hulle uitgenooi om die briewe in ons rooi posbus, “help@DeEike” wat in die voorportaal staan, te gooi.

 

Ek haal aan, maar gebruik nie die kinders se name en grade nie.  Ek sal dit wel aan die ouers kommunikeer waar die kinders hul name ingevul het.

 

1

Buite op die brief: For yow God

Naam + prentjie van ‘n hartjie God

For you, en ‘n groot rooi hart geteken met ‘n engel

Love to you

 

2

Hoekom het God Maria gekies om God sy Seun geboorte te gee?

How het God die leeuens se monde toegemaak?

 

3

Liewe God

Dankie baie dat U my slim maak, goed in hokkie, baie sportief en goeie eienskappe.

En U is my lamp wat vir my die weg wys, die lig op my pad.  Psalm 119:105

4

Liewe Jesus

Dankie U vir die week en dat my niggie gesond gebore was.  Dankie U om vir my deur te dra en om saam my familie te wees.

 

5

Aan Jesus

Ek is baie baie! Lief vir Jesus want hy is baie lief vir my.  Dankie vir alles.

 

6

Aan Jesus

Ek is bly U is my vader.  Ek is baie lief vir jou.  Ek is bly ek is U se kind.  Ek is bly ek het ‘n bybel.

Van ek

(Ons het die liedjie “Ek is bly ek ken vir Jesus” gesing)

 

7

Is monsters waar?

 

8

Ek is lief vir Hiesis

 

9

Hiesis, ek is lief

Ek het vir hiesis ‘n vraa.  Bstaan daar joeniekns, mimes en fesie?

 

10

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigeste seun gegee het.

 

11

Dankie vir die wonderlike week, dit was lekker en cool.  Ek het gistir GK handskoene gekry.  Dankie.

 

12

Vir Jesus

Jesus ek is lief vir jou.  Dankie Jesus vir wat jy vir ons doen.  Dankie Jesus vir die lekker dag.

 

13

Aan Jesus, van (Naam)

Liewe Jesus.  Ek is lief vir jou!! Dankie vir alles!

 

14

Dankie Jesus wat jy vir my doen. Ek is baie lief vir jou.  Ek gaan altyd my bybel lees.  Liefde (Naam)

 

15

Liewe Jesus my ouma se hond is oorleede en kan jy vir my virtel hoe hy is?

Van (Naam)

 

16

Here God, gaan asseblief saam met my tannie wat gisteraand haar man moes baai sê en dat hy nou in ‘n beter plek kan wees en dankie wat Jesus vir ons doen

Dankie vir alles!

 

 

Hierdie briefies is werklik hartverwarmend en ‘n riem onder my hart. Daar is tog boodskappe wat mooi vassteek.

 

Liefde-groete

Riëtta Odendal