19 Maart 2020
22 – 28 Mrt
Eswatini (Swaziland): Bid dat God se Woord wyd in die land versprei sal word, veral onder jongmense en kinders. Dank die Here vir wat die Bybelgenootskap tot dusver kon bereik.
Namibië: Bid vir die Bybelgenootskap se werk in ‘n baie onstabiele ekonomie. Bid vir die nodige fondse vir die nuwe vertaling van die Bybel in Oshiwambo asook vir ander fondsinsamelingsinisiatiewe. Bid ook vir elke donateur, vennoot en vriend van die Bybelgenootskap.
Suid-Afrika: Dank die Here vir die 200 jaar van Bybelwerk in ons land. Bid vir die sukses van die Jaar van die Bybel en dat Christene meer met die Bybel sal omgaan. Bid vir die bekenstelling van ons nuwe vertalings in isiZulu en Afrikaans.
Lesotho: Bid dat die plaaslike Bybelgenootskap geleenthede sal kry om Bybelse beginsels vir al die mense in die land te leer. Bid dat ons verskillende projekte mense nader aan die Woord van God sal bring.