28 Februarie 2020
1 – 7 Mrt
Angola: Dank die Here vir alles wat reeds hier gedoen is. Bid dat die Bybelgenootskap ‘n pakhuis sal kan koop waar Bybels gestoor kan word. Bid dat God wysheid aan die vertalers en hul gesinne sal gee sodat meer publikasies in die nasionale tale ontwikkel kan word om mense se harte met die Woord te bereik.
Malawi: Bid dat die Here Bybelwerk in hierdie land sal seën. Bid dat die Woord deur middel van gepaste Bybelhulpmiddels die harte van mense en veral kinders sal bereik.
Zambië: Bid dat die Woord van God mense sal bereik en hulle harte sal aanraak. Bid veral dat ons vertalingswerk die bevolking se Bybelbehoeftes sal aanspreek.