6 Maart 2020
8 – 14 Mrt
Madagaskar: Die Bybelgenootskap het steeds baie struikelblokke wat oorkom moet word. Bid dat die plaaslike kerke die Bybelgenootskap se visie en missie sal deel. Bid ook vir die verbeteringe aan die infrastruktuur wat kan lei tot ‘n toename in Bybelverspreiding.
Mauritius: Dank die Here vir die Bybelwerk op hierdie eiland. Bid dat daar in die Bybelbehoeftes van die mense op hierdie eiland, asook op Réunion en Rodrigues voorsien sal word.
Seychelle: Bid vir potensiële donateurs wat ons projekte kan ondersteun asook vir die sukses van hierdie projekte.